Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Dis nou Oos teen Wes
May 06 2008 01:26:49:090PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Justin Peyper breek om die skrum met Lean Swartz van Waterkloof wat hom volg. Foto: Marius Nortjé
Marius Nortjé

Hierdie Saterdag is dit die Oos-Rand teen die Wes-Rand wanneer die Hoërskool Dr. EG Jansen van Boksburg se eerste rugbyspan op die LC de Villiers stadion in Pretoria teen die eerste span van die Hoërskool Monument van Krugersdorp op die veld draf.

Die wenner van die wedstryd is vanjaar se kampioen van die NuPower Tuks-sportreeks en eerste onder die 16 deelnemende skole. (NuPower Tuks is die nuwe borg van die ou Michellin-reeks van vroeër jare.)

En as die span van EG Jansen speel soos hy verlede Donderdag in die halfeindstryd teen die hoog aangeskrewe Hoërskool Waterkloof gespeel het, is ’n taai wedstryd Monnas se voorland.

Dié wat EG Jansen se rugby dophou, weet die eerste span wat vanjaar opdraf, is al vier jaar besig om hulle vir vanjaar voor te berei. Daar was verlede jaar tydens die Coke-reeks reeds die eerste tekens van ’n span wat besig is om mekaar te vind.

Verlede Donderdag het die linkervleuel van EG Jansen, Ulrich van Wyk, die telbord met ’n skitterdrie aan die rol gesit.

Kort op sy hakke het die sneltrein van EG, Morné Stassen, met ’n briljante lopie verskeie verdedigers van Waterkloof geklop om die bal kort voor die doellyn vir sy agtsteman-spanmaat, Justin Peyper, uit te gee om nog vyf punte op die telbord aan te bring.

Die skopkoning van EG Jansen, Dewald Nel, was suksesvol met die poging pale toe. Kort voor rustyd het Wesley de Bruyn van EG Jansen ook agter die pale gaan kuier – kort nadat Nel ’n skepskop oorgesit het.

Waterkloof het EG Jansen in die eerste helfte met twee drieë deur Pierre Lombard en Jaco Oosthuizen en ’n strafdoel deur Hein Cronjé beantwoord.

Die rustydtelling was 24-15.

Lean Swartz van Waterkloof het die eerste punte in die tweede helfte aangeteken. Hein Cronjé het verdoel en Waterkloof was binne trefafstand.

Clinton Koen, plaasvervanger, het egter ander planne gehad en ná ’n lopie al langs die kantlyn af het hy die wendrie vir EG Jansen gaan druk.

Die eindtelling was 34-22 vir die manne van Boksburg.

En nou vir Saterdag…


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |