Gaan Mbeki by buurtwag aansluit?
Daar's eintlik vrek baie ooreenkomste tussen pannekoek bak by 'n basaar en kinders grootmaak...
Beeld
Super14-bepalings en -uitslae
Bepalings, uitslae, puntestand in 2008 se Super14-rugbyreeks. Klik hier vir die spanne, hul kleure. Nuwe reëls.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web   Teken in
Vennote


Straat ’n inkopieparadys
May 06 2008 01:26:47:387PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Noordrandweg is 'n inkopieparadys. Maar wees gewaarsku: die informele verkoopsmanne langs die pad vat nie sommer nee vir 'n antwoord nie. Foto: Leilani Basson
Leilani Basson

Dink mens aan Boksburg, kom prentjies van die nimmer sluimerende Noordrandweg vanself in jou kop op.

Vir baie mense wat nie in Boksburg woon nie, is Noordrandweg hul enigste verwysing na Boksburg. En hoekom sal jy nou dieper die Burg in sukkel? Noordrandweg is immers die een straat waar jy ’n hele maand se to do-lysie op één Saterdag kan kafdraf.

Wanneer jy van die N12-snelweg afdraai, kry jy reeds daai besige, haastige, lewendige vibe.

Maak nie saak hoe laat of watter dag van die week nie – Noordrandweg is altyd besig.

Mens moet maar veg vir jou parkeerplekkie in die son en baklei teen onwillekeurige oogkontak met die smouse by elke kruising wat absoluut onnodige, onbruikbare, onbegeerlike en dikwels onwettige artikels aan jou wil afsmeer.

Maar as jy eers deur die ge?wemel van lywe begin drywe, kan jy shop tot jy drop.

Van die twee vlooimarkte waar jy kan gaan snuffel of na Afrikaanse vermaak luister tot die verskeidenheid winkelkomplekse, spesialiteitswinkels, motorhandelaars, troeteldierwinkels en kwekerye is jy gewaarborg om doodmoeg, voetflou en platsak huis toe te gaan.

Maar as jy net ’n tweede asem soek, kan jy gerus jou kar laat was terwyl jy rustig in ’n restaurantjie aan ’n stomende koppie Wiesenhoff-koffie sit en slurp.

Of gaan eet iets – uithaler-restaurante, familie-vriendelike ?steak houses en koffiewinkels is strategies geplaas tot in Lake?sidelaan.

En die pryse? Dís natuurlik die ekstra bonus as jy durf wegbreek van die oordadigheid van die noorde en die weste.

Maar as oordadigheid jou ding is, koop sommer ’n nuwe motor terwyl jy jou kragte hernuwe. Of jy nou op soek is na die tweedehandse winskoop van die dekade of ’n prettige Porsche, Noordrandweg sal aan jó? soort rand regte waarde toevoeg.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |