Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Elke minuut is kosbaar
’n Man met plan – dís nou Clint Matejovsky (38) van Bardene in Boksburg. Ná jare se ontevredenheid om op sypaadjies, asblikke en leë koeldrankkratte te sit terwyl hy betaal dat sy motor gewas word, het Clint vier maande gelede .com café, car & bike wash in die Tudor Rose-sentrum in Noordrandweg oopgemaak. “Ek was vir jare in die korporatiewe wêreld,” vertel Clint. “Toe het ek so sewe jaar gelede hierdie idee van ’n motorwassery gekry waar jy rustig op jou laptop kan aangaan met jou werk, op ons rekenaars op die net kan rondswerf, ’n ordentlike toebroodjie kan bestel en behoorlike Wiesenhoff-koffie by ’n tafeltjie kan sit en drink. “Ek was moeg daarvoor om op sypaadjies te sit en met my foon te speel in die kosbare tyd wat verlore gaan terwyl ek my kar of motorfiets laat was het.” Clint het eindelik verlede jaar genoeg geld bymekaar gehad om die groot sprong te waag. “Dit was maar moeilik. Met ’n vrou en kind moes ek mooi weet wat ek doen en ek het sowat R40 000 opsy gehad vir bemarking.” Net voor die opening van sy droombesigheid het Clint egter sy rug beseer, en was hy vir ses weke buite aksie. “Omdat ek toe nie op my werk se medies was nie en nog nie geld verdien het om privaat te gaan nie, moes ek al die bemarkingsgeld vir my operasie gebruik. Dit het R38 000 gekos.” In Januarie het Clint vasgebyt en .com café geopen. Hy maak staat op verwysings van tevrede kliënte, vriende en oud-kollegas, sy persoonlike diens en die gerief en doeltreffende tydsbesteding wat hy voornemende kliënte kan bied. “Ek weet die Here kyk na my,” sê Clint met ’n glimlag.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|