Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Bybels vir Valke se rugbyspan wat herlewing beleef
    May 13 2008 09:23:57:700AM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Hanno Coetzee, kaptein van die Valke se rugbyspan, skryf sy naam voor in Die nuwe Bybel vir 'n geesvervulde lewe wat hy by Lux Verbi.BM present gekry het. Foto: Johann Hattingh
    Neels Jackson


    ’n Herlewing in die kleine. Dís wat die afgelope jaar deur die Valke se rugbyspan getrek het.

    Vandeesweek kon ’n mens iets daarvan sien toe 30 van die 33 spelers in die span elkeen ’n kopie van Die nuwe Bybel vir ’n geesvervulde lewe in ontvangs geneem het.

    Conette Hamman van Lux Verbi.BM, uitgewer van die Bybel, sê sy het vir die tydskrif Lig ’n onderhoud gedoen met die oud-Springbok Krynauw Otto, wat nou die spanbestuurder van die Valke is.

    Daarna het die uitgewer besluit om vir elke spanlid een van die nuwe Bybels te gee.

    Otto sê hy was in ’n stadium ’n “happy-go-lucky, louwarm Christen”, maar toe het hy sy Bybel gereeld begin lees – en elke oggend iets betekenisvol daarin gevind.

    Hanno Coetzee, die span se kaptein, sê ’n mens kan ’n verskil in die span sien.

    Ernie Kruger, senter en vleuel, sê daar was ’n klomp ouens met vrae. Nou is daar beslis ’n herlewing. Dis ook nie net in hul span nie. In die hele rugbywêreld sien jy dit. Hy noem name van spelers soos Tonderai Chavanga van die Stormers en Pierre Spies van die Bulle wat aan die brand is vir God.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |