Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Só lyk ’n topskool
Gekoester teen die hange van die Suikerbosrand lê die dorpie Heidelberg – die vroeëre tuiste van die welbekende volksdigter dr. A.G. Visser en die tuiste vandag van die skool wat na hom vernoem is, die Laerskool AG Visser. Die Laerskool AG Visser het ’n ryk geskiedenis en bestaan reeds 80 jaar. Dié laerskool was gister en is vandag ’n skool wat bekend staan as die skool wat ’n verskil maak in jou kind se lewe. Die plek waar elke kind gekoester word en waar personeel poog om elke leerder se talent met positiewe motivering fyn af te rond om elke individu met menswaardigheid te beklee tot ’n positiewe, welaangepaste burger van ’n gemeenskap. Die laerskool is gefundeer in Christelike beginsels en die oppergesag van God Drie-Enig word erken. Die Laerskool AG Visser bied die volgende: Die Laerskool AG Visser is nie ’n skool wat sonder handskoene aangedurf moet word nie. Met puik sportgeriewe vir rugby, netbal, krieket en tennis is AG Visser ’n krag om mee rekening te hou! Mini-rugby, mini-netbal, mini-tennis en mini-krieket word ook aangebied. Ook op skaakgebied presteer ons leerlinge tot op die hoogste sport. Baie leerders kry deesdae geen fisieke oefening nie, maar AG Visser bied ’n leerderontwikkelingsprogram waar leerlinge die geleentheid kry om op ’n prettige manier hul groot- sowel as kleinmotoriese vaardighede te ontwikkel. Die onderwys en opvoeding hier is van hoogstaande gehalte en word liefdevol, verantwoordelik en met empatie aan leerlinge oorgedra. Soos Dr. A.G. Visser van ouds is dit ook elke Oud-Vissie se stille lekkerte om te kan sê: “Kollega, ek gaan weer na Vissieland, waar ou Heidelberg hang aan die Suikerbosrand.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|