Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Dag van wiele en rissies
Heidelberg is skaars 40 minute van Johannesburg, maar, soos die inwoners kan bevestig, dis ’n ander wêreld. Een waar daar nog ’n bietjie tyd is en waar mens nog vars lug kan kry. Maar dit is ook waar dié naweek die Wheels of Thunder-motor-en-vliegskou aangebied word. Die verrig?tinge begin al Vrydagaand wanneer die kaskarwedrenne in die middedorp gehou word. Spanne van omliggende skole het ingeskryf en gaan teen die bulte in die dorp afjaag. ’n Deel van die dorp word vir die doel afgesper, maar daar is oorgenoeg plekke waar toeskouers hul span kan aanspoor en sien hoe die bestuurders die kaskarre onder beheer probeer hou. Saterdagoggend begin die amptelike program om 09:00 wanneer die burgemeester die skou amptelik open. Die res van die dag se verrigtinge is: Die rissie-eetkompetisie se eindronde word gehou. Die dag se Super 14-wedstryde kan op die groot skerm dopgehou word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|