Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Metroraad ontken hospitaal se aantyging
May 13 2008 09:24:00:107AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Lauren Thys


Die Arwyp- mediese sentrum in Kempton Park kon verlede Maandag nie funksioneer nie omdat hulle nie water gehad het nie.

Ondanks die feit dat hulle noodsaaklike dienste lewer, is hulle slegs enkele dae, oor die langnaweek, vooraf in kennis gestel dat hulle nie water sou hê nie.

Kempton Park se watertoevoer is verlede Maandag onderbreek as gevolg van werk wat vir die Gautrein gedoen is.

Dr. Henry du Plooy, mediese superintendent van dié hospitaal, het in verlede week se Oos-Rand-Beeld ’n brief geskryf om sy frustrasie met die Ekurhuleni-metroraad se gebrek aan beplanning deur te gee.

“Dit was net blote toeval dat ons gister (29 April) te hore gekom het van ’n “beplande” opskorting van watertoevoer op Maandag 05 Mei 2008,” lui sy brief.

Die betrokke week waarin die besighede gesê is van die onderbreking in die watertoevoer, het drie vakansiedae gehad. Gevolglik was die meeste tegnici met verlof en dus nie beskikbaar om alternatiewe reëlings mee te tref nie.

Hy is ook ontevrede oor die metroraad se onwilligheid om hulle tegemoet te kom met moontlike oplossings en om hulle te ken in die beplanning van gebeurtenisse wat dienslewering raak.

“Al ons pogings om ekstra water en tenkwaens te reël voor Maandag was tot dusver onsuksesvol omdat verskaffers op verlof is of nie die kapasiteit het om ons op kort kennisgewing te help nie,” sê hy in die brief.

Mnr. Zweli Dlamini, woordvoerder van die Ekurhuleni-metroraad, ontken dit.

“Ons het ’n week voor die tyd kennisgewings aan al die kliënte uitgestuur en dit wyd gepubliseer in die media,” het hy aan Oos-Rand-Beeld gesê.

Hy ontken ook dat hulle nie die besighede gehelp het om voor te berei nie.

“Daar was oral watertenks wat die besighede kon gebruik. Dis in elk geval ’n munisipale regulasie dat alle besighede en plekke wat noodsaaklike dienste lewer, self die noodvoorraad vir sulke toestande moet voorsien.”

Volgens hom was hul “deure altyd oop vir onderhandeling. Hulle kan vir my die name kom gee van die mense wat hulle nie wou help nie.”


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |