Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Telkomkabels kry telkens voete
May 13 2008 09:23:59:530AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Lauren Thys


Dit lyk asof Telkom net nie die Oos-Rand se telefone kan laat lui nie.

Verskeie lesers het hulle die afgelope ruk uit frustrasie tot die media gewend omdat hulle telefoonlyne nie werk nie en hulle geen reaksie op klagtes of hulp van Telkom kry nie.

Kabeldiefstal is skynbaar die groot oorsaak.

“Telkom het klaarblyklik besluit hulle lê nie meer kabels nie, want partykeer word dit nog dieselfde dag gesteel,” het Jan Joubert van Brentwood Park in Benoni gesê.

Sandra Janse van Vuuren van Atlasville in Boksburg is ook raadop. Sy is sedert verlede maand sonder landlyn, internet- en faksgeriewe.

“Ons dien klagtes in, maar nog niks is gedoen nie en ons hoor niks van Telkom nie.”

Pine Pienaar van Sunward Park in Boksburg kon verlede week uiteindelik weer sy telefoon gebruik nadat Telkom twee weke gesloer het om die kabels te vervang.

Volgens die private tegnici wat Telkom gekontrakteer het om die kabels te lê, lyk dit asof dit moontlik kan wees dat die kabels deur Telkom-werknemers gesteel is.

“Hulle het die kabels die vorige keer met sement toegemaak en die diewe het presies geweet waar om te grawe om dit te steel,” sê Pienaar.

Pynee Chetty, ’n woordvoerder van Telkom, het bevestig dat kabeldiefstal ’n groot probleem is en verantwoordelik is vir baie van die probleme met die landlyne.

Telkom het ’n week gelede onderneem om verder ondersoek in te stel, maar teen druktyd het nog niemand reageer op Oos-Rand-Beeld se vrae nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |