Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Vrou dreig glo om hond keel-af te sny
Die polisie moes intree ná twee boerboele by ’n keuringsdag vir boerboele in Kempton Park slaags geraak het. Retha Coetzee, wat ’n honde-rehabilitasiesentrum in Kempton Park bedryf, het glo die eienaar van die ander boerboel gedreig nadat dié hond ’n stuk van haar boerboel se oor afgebyt het. “Ek gaan jou hond se keel afsny, want hy byt my hond,” het sy glo gesê nadat sy die hond geskop het. “Ek wil geen kommentaar lewer nie, want my gesin is klaar getraumatiseer oor dit wat hulle gesien gebeur het,” sê die ander eienaar, wat nie sy naam genoem wil hê nie. Retha se ma, Elma, het met hul 15 maande oue boerboel, Baloo, verby die ander boerboel geloop waar hy by sy eienaar en die se gesin gesit het. Albei die honde was aan leibande, maar die ander hond van ongeveer een jaar oud het losgekom toe sy leiband gebreek het. “Ek was al verby die hond toe sy baas skree ‘Keer, keer, my hond is los!’ Toe kom die hond aangehardloop en kry my hond se oor beet.” Benewens die byt aan die oor, het Baloo ook bytplekke aan sy skouer en boud. Elma se hand is ook op drie plekke gebyt voordat omstanders die honde uitmekaar gekry het. “Retha was by die kantoor besig om die honde in te skryf, toe iemand vir haar sê dat ’n hond besig is om haar hond te byt. Sy het dadelik na ons toe gehardloop en die messie uitgehaal omdat sy geskrik het,” vertel Elma. Die mes is ’n matmes (Stanley-mes) wat hulle altyd saamneem na hondeskoue om kabels van die hondehokke los te sny. Elma het die polisie ontbied. “Ek kan net nie verstaan hoe die hond steeds gekeur is nie. Hy het duidelik ’n temperamentprobleem. Wat gaan gebeur as die hond weer loskom en iemand byt?” vra Elma. Volgens Piet Visser, Gauteng-raadslid van die Suid-Afrikaanse Boerboeltelersvereniging, was dit in orde om die hond te keur. “Die honde het na mekaar gestorm en die swaarder ketting, wat nog redelik nuut is, het gebreek. “Ons het besluit dit was gewone gedrag van die honde om hul base en hul gebied te beskerm. Niemand kon ook met sekerheid sê watter hond vir Elma gebyt het nie. Ek moes besluit om óf al twee honde te diskwalifiseer óf al twee te keur.” Die eienaar van die ander hond sê sy hond is nie aggressief nie. “Dis die sagmoedigste hond wat ek ken. Hy word saam met ’n worshond en my twee kinders van sewe en elf groot. Hy is net nie gewoond aan ander honde nie.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|