Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Geld uit krag opgeslurp
May 13 2008 09:23:53:200AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman en Cobus Coetzee


Gautengse munisipaliteite het ooreengekom om inkomste uit die verkoop van elektrisiteit in die verspreidingsnetwerk te belê, het Dorothy Mahlangu, LUR vir plaaslike regering in die provinsie, verlede week tydens ’n konferensie in Boksburg gesê.

“Tans word geld uit die elektrisiteitsbedryf gebruik om ander munisipale dienste te finansier,” het sy die huidige stand van sake opgesom.

Volgens Mbhazima Shilowa, Gautengse premier, skeep munisipaliteite die verspreidingsnetwerke af omdat hulle wag vir die implementering van die ses RED’s (streekelektrisiteitsverspreiders) wat munisipaliteite en Eskom se verspreidingsfunksie gaan oorneem.

Shilowa het gesê die provinsie gaan die nasionale departement van minerale en energie nader om die drie RED’s wat bestem is vir Gauteng se metropole, Ekurhuleni, Johannesburg en Tshwane, spoedig op die been te kry.

“Op die oomblik hang alles in die lug. Munisipaliteite bestee amper geen geld op onderhoud en die uitbou van infrastruktuur nie – juis omdat daar onsekerheid is oor wanneer die RED’s geïmplementeer sal word,” het Shilowa gesê.

Sy nuwe ywer om die RED’s in werking te stel, volg op verlede week se provinsiale uitvoerende raadsvergadering.

Tydens die vergadering is groot kommer uitgespreek oor die impak wat die kragkrisis op Gauteng se ekonomie sal hê.

Die premier het vroeër vanjaar volgehou Gauteng sal sy beoogde ekonomiese groei van 8% ondanks die kragtekort behaal.

Gauteng beoog om voor Julie vanjaar planne op te stel wat presies uiteen sal sit hoe die drie RED’s in die provinsie bedryf gaan word.

’n Bateregister van die metrorade gaan ook opgestel word.

“Die register sal opteken watter infrastruktuur en toerusting elke metroraad besit,” het Shilowa gesê.

Volgens hom sal personeel van verskillende metrorade gedeel word.

Willie de Beer, bedryfsbestuurder van EDI Holdings, wat gestig is om die kragverspreidingsbedryf te herstruktureer, sê die proses is nou in ’n “gereedmakingsfase”.

Munisipaliteite moet onder meer “alternatiewe diensleweringsmeganismes” (die RED’s) oorweeg en die elektrisiteitsbates van die res van die bates afbaken. “Ekurhuleni het die proses reeds voltooi en dié RED kan so vroeg as einde vanjaar verwag word,” het De Beer gesê.

Johannesburg het met die stigting van City Power die afbankeningsproses afgehandel, terwyl Tshwane, die sekondêre munisipaliteite en Eskom nog albei prosesse moet voltooi.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |