Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Mynhoop-vrae onbeantwoord
May 13 2008 09:23:40:637AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Herman Scholtz


Antwoorde op vrae oor hoe ’n mynhoop langs die luukse Glen Erasmia Boulevard-landgoed ontstaan het, is op pad.

Maar mense sal moet wag. Die antwoorde kom eers oor 30 dae.

Die ontwikkelaar van die landgoed en eienaar van die grond waarop gemyn word, Elardus Erasmus, het aan Oos-Rand-Beeld gesê hy het tyd nodig om antwoorde op dié vrae voor te berei.

Dit volg ná Oos-Rand-Beeld berig het oor inwoners van die landgoed wat ongelukkig is oor die stof, geraas en gesondheidsgevare van die sandmyn en teer?aanleg.

“Ek is tans besig om saam met die persone wat betrokke was by die dorpstigtingsproses al die aspekte na te gaan,” het Erasmus in ’n e-pos laat weet. Dié persone sluit ingenieurs, stadsbeplanners en prokureurs in.

“Die vakansiedae in April het dit moeilik gemaak om vordering in dié verband te maak,” het Erasmus gesê. Hy het onderneem om binne ’n maand terugvoering te gee.

Die Glen Erasmia-huiseienaarsvereniging het môre hul jaarlikse vergadering.

Klagtes van inwoners oor die myn en die teeraanleg op hul agterstoep sal na verwagting ook bespreek word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |