Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Seëninge van Bo’ laat hulle wen, sê kaptein
Vir Galli Mare, hoof van die Hoërskool Dr. EG Jansen, was Saterdag ’n wonderlike dag. Natuurlik omdat sy skool se eerste span die Hoërskool Monument van Krugersdorp geklop het in die eindstryd van die NuPower Tuks-reeks. “Dit het harde werk gekos van almal, maar veral die span en die twee afrigters, Anton Lubbe en Regardt Botha. Ons is baie trots op hulle.” Dewald Nel, losskakel en kaptein van EG Jansen se wenspan, skryf sy span se sege toe aan hul seëninge van Bo. “Toe die eindfluitjie blaas, het ons almal net neergeval, want ons het geweet dit kom alles van die Here af.” EG Jansen het in die eerste helfte al die punte aangeteken, maar Dewald erken die stryd het in die tweede helfte begin. Die oorgrote meerderheid van die span speel al saam sedert hulle in gr. 8 was. Hulle het verlede jaar op uitnodiging aan ’n rugbytoernooi in Japan gaan deelneem en het dus die laaste Michelin-reeks misgeloop. Michelin het tot verlede jaar die reeks geborg, maar nadat hulle onttrek het, het NuPower in samewerking met Tuks vanjaar die reeks geborg. Daar word in onder meer rugby, hokkie, netbal, tennis, landloop en skaak deelgeneem. Die Hoërskool Waterkloof is as die algehele wenskool aangewys nadat hulle die hokkie en netbal gewen het. Sestien skole neem aan die reeks deel. Dewald het daarna met ’n strafskop geslaag, maar kon nie die drie van De Wet le Roux verdoel nie. Die rustydtelling was 13-0 in die guns van EG Jansen. In die tweede helfte het Christo Potgieter van Monnas ’n strafskop oorgesit. Bradley Moolman het deur die verdediging gebreek en Monnas se enigste drie gedruk, wat ook verdoel is. Die eindtelling was 13-10 vir EG Jansen.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|