Stem, dalk kom gunsteling op CD
Kies self watter Suid-Afrikaanse kunstenaars se musiek jy graag saam op 'n CD wil hê.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Motorsku kry vanjaar vlerke
May 13 2008 09:23:37:543AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Talle motorklubs sal hul motors by die Heidelbergse motor-en-vliegskou kom wys.

Die Laerskool AG Visser bied vanjaar weer die Wheels of Thunder-motor-en-vliegskou in Heidelberg aan. Dit vind Saterdag plaas.

Die gewildheid en omvang van verlede jaar se motorfees het verwagtinge oortref. Vanjaar word vliegvertonings by die skou ingesluit.

Die Heidelberg-motormuseum waar klassieke en historiese motors vir dekades vertoon is, is sowat drie jaar gelede gesluit, maar die band met ou motors is in Heidelberg se bloed.

Klassiekemotorentoesiaste van heinde en ver gaan met hul klassieke motors by die skou kom spog. Saterdagoggend gaan verskeie motorklubs van oor die hele Gauteng die pad na die fees aanpak om hul klassieke motors, hotrods, sportmotors en klassieke motorfietse te kom uitstal.

Vervaardigers van nuwe motors soos Audi, Nissan, Mazda, Chevrolet, Citroën, Fiat, Conqueror Trailors, Hyundai, Peugeot, Toyota, Volkswagen, Hi Q, JCB-grondverskuiwingsvoertuie, Auto City en Sea Point Car Mart, asook 4x4-voertuigvervaardigers gaan ook uitstal.

Van die ander hoogtepunte is:

  • ’n Groot aantal Harley Davidson- en American Chopper- motorfietse ry die oggend na Heidelberg op ’n ontbytrit.

  • Theunis Nel van La’t wiel sal ook hier wees met die voltooide Ford Ranchero.

  • Buell-motorfiets-waagtoertjies.

  • Kunsmarkstalletjies met handgemaakte artikels.

  • Mr Bean (SA) sal met sy teddiebeertjie kinders vermaak.

  • Die legendariese Jack Daniels en ’n biertent soos net die platteland dit kan doen, sal op die feesterrein wees. ’n Grootskermtelevisie sal sorg dat feesgangers nie ’n oomblik van die Super14-rugby misloop nie

    Heerlike plattelandse kos sal te koop aangebied word.

    Sowat 150 vliegtuie en helikopters van reg oor die land vlieg dié dag na Heidelberg aangesien die motorfees met ’n fly-in gekombineer word.

  • Nog ’n projek wat reeds groot opgewondenheid in Heidelberg veroorsaak, is Vrydagaand se Afgri-Afjaag-kaskarresies. Besighede, boere, skole en ouers daag mekaar uit om saam met Red Bull teen mekaar te jaag.

    ’n Gedeelte van Heidelberg se middedorp word vir die geleentheid gesluit. Brian Emminis van Capital Sounds wat elke jaar verantwoordelik is vir die kommentaar by al die lugskoue in SA en onder meer die Red Bull Downhill Race, gaan die Afgri Afjaag-kaskarresies sowel as die motorfees se musiek en kommentaar doen.

  • ’n Splinternuwe Harley Davidson Nightster 2008 word uitgeloot. Kaartjies is teen R50 beskikbaar.

  • Liefdadigheid speel ’n groot rol in die fees. Verlede jaar is skenkings aan die Children’s Tree-trust, wat na vigswesies omsien, gemaak. Vanjaar se liefdadigheidsprojek is Cruise 4 Cancer.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

  • vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |