Gautengse munisipaliteite het ooreengekom om inkomste uit die verkoop van elektrisiteit in die verspreidingsnetwerk te belê, het Dorothy Mahlangu, LUR vir plaaslike regering in die provinsie, verlede week tydens ’n konferensie in Boksburg gesê.
Die polisie moes intree ná twee boerboele by ’n keuringsdag vir boerboele in Kempton Park slaags geraak het.
’n Herlewing in die kleine. Dís wat die afgelope jaar deur die Valke se rugbyspan getrek het.
Daar is steeds geen einde in sig vir die staking by die Lesedi- (Heidelberg-) munisipaliteit nie.
Die Arwyp- mediese sentrum in Kempton Park kon verlede Maandag nie funksioneer nie omdat hulle nie water gehad het nie.
Heidelberg is skaars 40 minute van Johannesburg, maar, soos die inwoners kan bevestig, dis ’n ander wêreld.
Die Laerskool AG Visser bied vanjaar weer die Wheels of Thunder-motor-en-vliegskou in Heidelberg aan. Dit vind Saterdag plaas.
Antwoorde op vrae oor hoe ’n mynhoop langs die luukse Glen Erasmia Boulevard-landgoed ontstaan het, is op pad.
Die Hoërskool Die Fakkel in Forest Hill in die suide van Johannesburg speel van vanjaar af nie meer rugby nie.
Die Kaap het die wynroete, KwaZulu-Natal die Middellande en nou lyk dit asof Ekurhuleni se vier toerismeroetes ook ’n werklikheid gaan word.
Die rustige klank van roeispane in die water, ’n streep elegante bootjies wat oor die oppervlak gly terwyl die son sak, en ’n gesonde leefstyl.
Flora Farm-kwekery op die hoek van Noordrand- en Trichardtweg is lank nie meer net ’n plantplek nie.
|
BYBELS VIR VALKE-RUGBYSPELERSHanno Coetzee, kaptein van die Valke se rugbyspan, skryf sy naam voor in Die nuwe Bybel vir 'n geesvervulde lewe wat hy by Lux Verbi.BM present gekry het. Lees die berig. Foto: Johann Hattingh
Dit lyk asof Telkom net nie die Oos-Rand se telefone kan laat lui nie.
Gekoester teen die hange van die Suikerbosrand lê die dorpie Heidelberg – die vroeëre tuiste van die welbekende volksdigter dr. A.G. Visser en die tuiste vandag van die skool wat na hom vernoem is, die Laerskool AG Visser.
Vir Galli Mare, hoof van die Hoërskool Dr. EG Jansen, was Saterdag ’n wonderlike dag.
Sowat 370 rugbyaanhangers het die rare geleentheid gehad om twee rugbylegendes van nader te ontmoet.
’n Man met plan – dís nou Clint Matejovsky (38) van Bardene in Boksburg.
Die Oos-Randse Jeugkoor het gedurende November en Desember verlede jaar aan die internasionale Advent- en Kersmusiekfees en -kompetisie vir kore in Praag deelgeneem en die afdeling vir groot kore gewen.
Die Airgun Fanatix-klub van Benoni het onlangs sy laaste provinsiale veldteikenskietkompetisie vir die jaar gehou.
Die beste netbalwedstryd van die dag was die stryd tussen die Hoërskool Dr. EG Jansen en die Hoërskool Waterkloof in die eindstryd van die NuPower Tuks-reeks.
|