Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Answerit.24.com beantwoord jou kwellendste vrae
Hoekom het mans nog tepels? Wat is die wêreld se giftigste insek? Waar kan ek goeie gehalte, goedkoop meubels kry? Wat is ’n lekker wittebroodsbestemming? Dít is van die vrae waarop jy antwoorde sal kan kry op Answerit.24.com, www.24.com se nuwe kennisforum-webtuiste. As jy ’n kundige is wat vrae oor ’n sekere kennisveld sal kan beantwoord, of ’n nuuskierige agie met kwellende vrae, is dié webtuiste vir jou bedoel. Mnr. Elan Lohmann, hoofbestuurder van sosiale netwerke en media by www.24.com, het vandeesweek gesê dié webtuiste is Maandag amptelik aan die publiek bekendgestel. “Teen Dinsdag het 7 000 mense dit al besoek en meer as 1 000 geregistreer – duidelik is dit báie pret,” het Lohmann gesê. Answerit.24.com is volgens hom ’n nuwe openbare aanlynforum wat gebruikers toelaat om in meer as 20 verskillende kategorieë vrae te vra en antwoorde te kry by “regte mense” wat hul kennis en kundigheid deur dié webtuiste beskikbaar kan maak. “Ek glo só ’n webtuiste is waardevol omdat dit die krag van kollektiewe kennis gebruik om gebruikers in te lig oor enigiets wat vir hulle van belang is. “Verder is dit plaaslik gegrond en daarom kan dit uiters prakties wees. “Een van die gebruikers op Answerit.24.com het byvoorbeeld gevra of iemand weet van ’n goeie dagsorgsentrum in Port Elizabeth vir haar kinders omdat haar gesin soontoe trek. Sy het binne ’n dag of wat ’n goeie antwoord gekry.” Die aanlynnavorsingsdiens Hitwise het onlangs bekend gemaak dat Amerikaners se aantal besoeke aan sogenaamde Vrae-en-Antwoord (Q&A)-webtuistes met 889% oor die afgelope paar jaar toegeneem het. Die gewildste Q&A-webtuistes is Yahoo! Answers en Wiki.Answers.com. Answerit werk deurdat vrae deur verskillende fases gaan: aanvanklik word ’n vraag gevra, waarna verskeie mense dit beantwoord. Laastens verander die vraag se status na “opgeklaar” – as ’n voldoende antwoord gevind is. Wanneer ’n vraag opgeklaar is, word dit deel van Answerit se permanente kennis-databasis – waar dit enige tyd weer opgesoek kan word. Deur vrae te vra en te beantwoord kan gebruikers boaan die puntelys kom. Om vrae te vra of te beantwoord moet jy registreer. Registrasie is gratis.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|