Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
NFC glo makliker as jou bluetooth
Vergeet vir ’n oomblik van bluetooth-kommunikasie en begin die term Near Field Communication (NFC) onthou – dis dalk net eie aan selfone in die onmiddellike toekoms. NFC werk op baie dieselfde manier as bluetooth. Dit is draadlose kortafstand-kommunikasie, maar is glo makliker om te gebruik as bluetooth. Dit stel jou in staat om datadienste en inligting oor kort afstande te deel, volgens inligting oor NFC wat bekend gemaak is. Selfooneienaars sal ook daarmee betalings met hul selfone kan doen. Dit word geaktiveer deur bloot een sleutel op die foon te druk. Nokia se eerste fone met NFC is reeds amper op die rakke. Die Nokia 6212 is een van die eerstes wat eersdaags met NFC gaan uitkom. Dié 3G-foon gaan teen einde vanjaar beskikbaar wees. Nokia sê in ’n verklaring met NFC sal sakekaartjies en kalender-inskrywings gedeel kan word met die druk van een knoppie. Selfs webadresse kan só oorgedra word, asook foto’s en video’s. En Bluetooth-konneksies kan met een aksie deur NFC opgestel word. Nokia sê kredietkaart-inligting sal ook op die foon geberg kan word wat onmiddellike betaling van byvoorbeeld vliegkaartjies moontlik sal maak. Kredietkaart-inligting sal ook vinnig deur die foon se internet-konneksies verkry kan word. Veiligheid word verskaf deurdat betalings net toegelaat sal word wanneer die eienaar dit met ’n veiligheidskode op die foon goedkeur.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|