Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ál goedkoper om DNS te ontleed
Om jou eie DNS in detail te laat ontleed en die bloudruk van wat jy is, tot jou beskikking te hê was tot dusver ’n baie duur oefening, maar dit raak al hoe goedkoper. ’n Nuwe tegniek wat in die tydskrif Nature beskryf word, het kostes en tyd verbonde daaraan baie minder gemaak. Die menslike bloudruk het sowat 3 miljard stukkies chemiese inligting en elke mens s’n verskil. Om dit te ontleed is uiteraard duur. Dit het die Human Genome Project (HGP), ’n konsortium van openbaresektor-wetenskaplikes, $437 miljoen en 13 jaar geneem om die eerste menslike genetiese bloudruk te ontleed. Die plaaslike privatesektor-wetenskaplike mnr. Craig Venter het ook in die 1990’s ’n vinniger metode ontwikkel, maar sy metode het $100 miljoen gekos. Die nuwe metode, wat in Nature beskryf word, is ontwikkel deur ’n span van die Rothberg-instituut vir navorsing oor kindersiektes in Connecticut, in die VSA. Hulle het heel gepas die kode van dr. James Watson, die mede-ontdekker van DNS, ontleed. Dit is binne twee maande vir minder as $1 miljoen gedoen. Nog te veel vir gewone mense, maar reeds baie goedkoper. As ’n mens jou genetiese bloudruk ken, kan jy weet of jy vatbaar vir sekere siektes gaan wees en selfs of jy ’n risiko op kanker of selfs verslawing aan sigarette of vetsug loop. Voorts word gehoop mense met dié soort kennis sal iewers in die toekoms medisyne kan kry wat nommerpas vir hulle gemaak is. – Sapa-AFP
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|