Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
TV kry gou skerm soos sel
Nog voordat die meeste mense groot LCD- of PDP- TV-skerms gekoop het, is hul opvolger amper by ons – Oled-skerms. Oled-skermpies is tot dusver in veral selfone gebruik. Dit bied dun, ligte skerms met helder kleure. Oled is ook beter as LCD en PDP om ’n vinnig veranderende beeld, soos sportuitsendings, te vertoon. Oled-skerms was tot dusver nog moeilik om in groter formaat te vervaardig. Die Suid-Koreaanse maatskappy Samsung het egter pas aangekondig hy gaan teen volgende jaar Oled-tegnologie vir groter panele (dus TV) en buigbare skerms aanwend. Hy sê luidens berigte wanneer ’n miljoen skerms vervaardig kan word, sal ekonomie van skaal inskop en behoort vervaardigingskoste meer aanvaarbaar te wees. Dít is waarheen hy mik. Samsung hoop om teen volgende jaar 3 miljoen Oled-panele te vervaardig en produksie teen die einde van 2010 te verdubbel. Samsung, LG, Sony en CMEL sal na verwagting vanjaar al saam amper 17 miljoen Oled-skerms vervaardig, berig Digitimes. Samsung het ook volgens Reuters die afgelope week aangekondig hy werk aan ’n 31 duim- (sowat 79 cm), ultra-dun Oled-skerm. Dit kom nadat Sony in November verlede jaar ’n 11 duim- (sowat 28 cm) Oled-skerm op die mark geplaas en ook ’n 27 duim- (sowat 69 cm) skerm vertoon het. Samsung sê egter hy wag op TV-vervaardigers se planne voordat hy volstoom met die 31 duim-skerm se massaproduksie gaan begin. Die skerm is net 4,3 mm dik – een tiende van tradisionele platskerms – en gebruik die helfte van die krag wat ’n 32 duim- (sowat 81 cm) LCD-skerm gebruik. Samsung sê hy verwag sulke Oled-skerms sal ’n 35 000 uur-lewensduur hê.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|