Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


'Bliep, jy oortree, bliep, gee pad, bliep'
Apr 25 2008 07:25:20:490PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Kroegeienaar mnr. Rufus Terrill (57) van Atlanta, Georgia, by die robot genaamd "Bum Bot". Hy het die robot gebou om misdadigers en leeglêers van die buurt waarin sy kroeg is, weg te hou. Foto: Jason Bronis, AP

Atlanta (Georgia). – Die eienaar van ’n plaaslike kroeg het ’n nuwe manier bedink om die omgewing veilig te hou: ’n Robot van sowat 136 kg waarop “Security” staan, wat omtrent ’n halwe mens lank is, met helder ligte, ’n videokamera en ’n waterpistool op sy kop.

“Jy oortree. Daardie is private eiendom,” raas mnr. Rufus Terrill se kwaai stem met ’n ouerige omie deur die robot se luidspreker. Die man sit by die ingang na ’n kindersorgsentrum laer af in die straat.

“Weg is jy,” kom dit weer.

Die man verdwyn in die skaduwees.

Hy word bykans onmiddellik deur ’n groepie mans wat agter hom gestaan het, gevolg.

Die Bum Bot is sedert September aan diens en het aktiviste vir haweloses in die buurt die harnas in gejaag.

Hulle dreig met protesaksie omdat hulle Terrill se motiewe bevraagteken.

Terrill (57), ’n voormalige soldaat, hou vol hy het net goeie bedoelings.

Hy sê daar is nou snags meer polisiepatrollering in die gebied, die park oorkant die pad voel veiliger, en hy het geen inbrake gehad sedert die afstandbeheerde robot aan diens is nie.

Volgens mnr. Henrik Christensen, direkteur van die robot- en-intelligente-masjinerie-sentrum by Georgia Technikon, buit dit mense se angs omtrent “intelligente masjiene” uit.

“Ons het die Hollywood-idee dat hulle gaan mal word, mense doodmaak en slegte dinge doen. Hierdie Bum Bot versterk daardie stereotipe,” sê Christensen.

“Dis kniehalter die res van ons wat tegnologie wil gebruik om mense te help.”

Terrill se kroeg is naby luukse woonstelle en ’n kindersorgsentrum. Daar is ook ’n nagskuiling vir haweloses in die omgewing. Inbrake en diefstal is algemeen.

Gebruikte spuitnaalde lê gereeld op die erf van kindersorgsentrum, waar Terrill op die beheerliggaam dien, rond.

“Hulle is hier om geld vir dwelms te kry, om geld uit motors uit te steel. Hierdie is slegte mense,” sê Terrill.

Terrill het die kroeg vier jaar gelede saam met sy vrou, Linda, gekoop. Aanvanklik het hy met ’n haelgeweer oor sy skouer rondgeloop, totdat die polisie ’n stokkie daarvoor gesteek het. Hy was raadop met inbrake.

Die robot was sy vrou se idee. Nou is daar ’n bord by die ingang wat sê: “Tuiste van die Bum Bot” en daar is selfs ’n T-hemp met die robot op.

Hy beplan om dit te dra tydens sy veldtog om burgemeester van Atlanta te word.

“Ek sal hom voor my kantoor parkeer,” skerts Terrill.

Party van die haweloses sê Terrill het te ver gegaan.

“Dit intimideer mense,” sê me. Rosetta Watkins, wat voorheen in die nabygeleë nagskuiling gebly en vir Terrill gewerk het.

Aktiviste vir hawelose-regte stem saam. “Rufus het baie aandag gekry, maar nie die soort wat sal lei tot behuising en minimum lone nie,” sê me. Anita Beary, direkteur van die taakmag vir haweloses.

Die polisie sê dat klagtes nog nie ontvang is nie, maar Terrill kan wel aangekla word indien hy mense met die waterpistool nat spuit of eiendom beskadig. – Sapa-AP

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |