Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Klimaat verander te gou, waarsku verslag
Wetenskaplikes vrees nou klimaatsverandering kan met die aarde en sy bewoners begin “weghol”. Klimaatkundiges het tot die gevolgtrekking gekom dat klimaatsverandering kan begin handuit ruk ná die jongste bevindinge deur ’n groep navorsers dat see-ys in die Noordpool én Groenland se gletser vinniger as ooit smelt. Die jongste studie wat deur die Wêreldnatuurfonds (WWF) onderneem is, dui daarop dat die hele gebied binne die Arktiese sirkel besig is om ingrypend te verander. Dit is dus nie net die see-ys en Groenland se gletser wat vinniger smelt nie, maar die atmosfeer, die oseaan, die ysgrond, spesies, eksostelsels en die samestelling van menslike gemeenskappe is nou ook besig om te verander. Die omvang van die fisieke en ekologiese veranderinge laat wetenskaplikes vrees dat klimaatsverandering nou moontlik ’n punt bereik het waar dit gaan begin handuit ruk en met die aarde gaan begin “weghol”. Volgens dr. Martin Sommerkorn, een van die outeurs van die verslag en senior raadgewer oor klimaatsverandering by die WWF, sal regerings, die sakegemeenkap, gemeenskapsleiers en omgewingsbewaarders dringend moet saamwerk om planne te bedink om gemeenskappe wat binne die Arktiese sirkel woon, te help om by hul veranderde omstandighede aan te pas. Sommerkorn het verwys na vroeëre verslae wat daarop dui dat die die seevlak met 7,3 m sal styg as die hele gletser op Groenland smelt. Hoewel dit in hierdie stadium onmoontlik is om te voorspel hoeveel en hoe vinnig die gletser gaan smelt, is dit “ ’n rede vir internasionale kommer”, het hy gesê. Die jongste bevindings dui byvoorbeeld daarop dat die gletser vinniger smelt as wat rekenaarmodelle in 2005 voorspel het. “Dit is baie gevaarlik omdat sommige van hierdie veranderings in die Arktiese streek die vermoë het om die aarde baie vinniger en warmer te laat word as wat rekenaarmodelle tans voorspel.” Wetenskaplikes sê die poolstreke is dié gebiede waar tekens van klimaatsverandering die vinnigste waargeneem word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|