Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Tegnologie help niks sonder politieke wil
Al die toekennings in die wêreld beteken niks as daar nie die politieke wil is om die tegnologie by die mense op die grond uit te bring nie, sê mnr. Rolf Papsdorf, uitvoerende hoof van Alternative Energy Development Corporation Bpk. (AEDC) in Johannesburg. Papsdorf vertrek eersdaags na Brussel om die gesogte Energy Globe-toekenning in ontvangs te neem. Dié toekenning erken die wêreld se bestepraktyk- volhoubare projekte wat versigtig met die aarde se hulpbronne omgaan en herwinbare produkte gebruik. Die eer het AEDC te beurt geval vir ’n projek wat hy in Namibië in die woonbuurt Rosh Pinah met behulp van regeringsfinansiering ingestel het. The Rosh Pinah-gemeenskap het geen toegang tot basiese elektrisiteit gehad nie en het gevaarlike middels soos paraffien en kerse vir kook- en beligtingsdoeleindes gebruik. AEDC-brandstofselle wat ononderbroke elektrisiteit verskaf, is in verskeie huishoudings geïnstalleer. Dié installasies sluit in die voorsiening van lig en ’n aparte kontrolepaneel met ’n selfoonlaaier en bykomende kragpunt vir ’n radio, TV of ander klein stukke toerusting. Daar is selfs straatligte geïnstalleer. Die installasie se bedryfskoste is sowat Nam$70 per maand as die energie vir vyf tot ses ure per dag gebruik word, en het ’n groot ekonomiese inspuiting in die gemeenskap tot gevolg gehad. Die brandstofselle genereer elektrisiteit deur ’n reaksie tussen sink, lug en vloeistof. Sink word gekompakteer en in ’n spesiaal vervaardigde plastiekhouer gepak. Een so ’n houer genereer 1 volt, en brandstofselle is beskikbaar in 12- of 6-voltselle. Die selle is geruisloos en geen giftige gasse word in die atmosfeer vrygestel nie. Wanneer die selle uitgewerk is, word die sink herwin. AEDC het ook verskeie innoverende produkte ontwerp wat dié selle se energie kan benut en terselfdertyd ekonomiese welvaart in afgeleë en arm gebiede kan skep. Papsdorf sê hy het ’n paar jaar gelede op die tegnologie afgekom terwyl hy in Kanada aan energiedoeltreffende projekte gewerk het. Besoek www.aedc.co.za vir meer inligting.
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|