Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Dié oefening kan glo jou IK opstoot
Apr 29 2008 06:50:43:010PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend

Tot dusver kon nog nie bewys word enige videospeletjie of brein-oefening kan ’n mens se intelligensie merkbaar verbeter nie.

New Scientist het egter vandeesweek op hul webtuiste (newscientist.com) berig ’n groep neurowetenskaplike glo hulle het ’n oefening ontwerp wat punte by jou IK-punt kan las – en hoe meer jy oefen, hoe beter raak jou IK.

Sogenaamde “vloeiende intelligensie”, oftewel Gf, behels die vermoë om te kan redeneer, om nuwe probleme op te kan los en om abstrak te kan dink. Dit hou dus verband met professionele en opvoedkundige sukses en is klaarblyklik grootliks oorerflik.

Vorige pogings om Gf ’n hupstoot te gee het daarop gedui hoewel ’n spesifieke oefening jou vermoë om ’n spesifieke taak te kan verrig aansienlik verbeter, “oefening” nié jou algemene Gf, wat betref ander take, kan verbeter nie.

Dr. Susanne Jaeggi van die Universiteit van Michigan in Ann Arbor in die VSA en haar kollegas sê egter dís nie noodwendig die geval nie. Hulle het volgens New Scientist 70 gesonde volwassenes genooi om aan ’n uitdagende oefening bekend as die “dual-a-back”-taak, deel te neem.

Die eerste deel behels ’n klein verhelderde blokkie wat op ’n rekenaarskerm verskyn en elke drie sekondes ’n nuwe plek op die skerm inneem. Vrywilligers moes ’n knoppie druk elke keer as dié blokkie op dieselfde plek verskyn as twee “beurte” terug.

Vir die tweede deel moes vrywilligers op dieselfde tyd dieselfde oefening met letters peks van blokkies uitvoer. ’n Stem speel konsonante deur oorfone en vrywilligers moes ’n knoppie druk elke keer as hulle dieselfde letter hoor as twee “beurte” terug.

As deelnemers goed vaar, moes hulle mettertyd drié “beurte” terug kan raai, en later vier of meer.

Vrywilligers het dié oefening daagliks vir 20 minute gedoen – sommige vir agt dae en ander vir 12, 17 of 19 dae aaneen (uitsluitend naweke). Vrywilligers moes vóór en ná dié reeks oefeninge ’n IK-toets aflê.

Navorsers het bevind die IK van opgeleide vrywilligers het beduidend verbeter in vergelyking met kontrolegroepe – én dat hulle IK verhoog het hoe meer hulle dié oefening gedoen het.

Nie almal stem egter saam nie. Dr. Robert Plomin van die Institute of Psychiatry in Londen, sê daar hoef hoegenaamd géén teenstrydigheid tussen die oorerflikheid van intelligensie en die verbetering daarvan deur oefeninge te wees nie. – Fanie van Rooyen


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |