Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
‘Grand Theft Auto IV’ nou te kry
Een van die mees langverwagte videospeletjies nóg, Grand Theft Auto (GTA) IV, is gister in die VSA, Brittanje en ook Suid-Afrika bekend gestel – en dit word reeds bestempel as onder meer “speletjie van die jaar” en “byna perfek”. BBC News het gister op hul webtuiste (news.bbc.co.uk) berig dié speletjie, vir sowel die Playstation 3- as Xbox 360-konsoles, is reeds voor sy uitreiking deur verskeie resensente as ’n baanbreker in speletjie-tegnologie bestempel. Daar word verwag dat GTA IV wêreldwyd die verkooprekords gaan laat spat. Dít ondanks die feit dat die speletjie ’n ouderdomsperk van 18 in Brittanje en “mature” in die VSA gekry het. Me. Judy Loubser, speletjie-aankoper vir Look&Listen in Suid-Afrika, het gister gesê voorrade van GTA IV word tans in Look&Listen-takke landwyd versprei. “Al die vakansiedae het dit moeilik gemaak, maar in die meeste Look&Listen-winkels is GTA IV reeds beskikbaar. “Daar is nog nie statistieke bekend oor hoe vinnig dit besig is om te verkoop nie, maar ons verwag ongetwyfeld dat dit ’n blitsverkoper gaan wees,” het Loubser gesê. Resensies vir GTA IV was volgens BBC News sover eenstemmig in hul lof. Eurogamer.com het dit as die “speletjie van die jaar” bestempel en dit ’n resensiepunt van 10 uit 10 gegee. The New York Times het gesê GTA IV “bied ’n nuwe vlak van diepte en ’n totaal nuwe interaktiewe vermaaklikheidservaring”. Kundiges voorspel dat GTA IV verlede jaar se rekordverkope van $300 miljoen binne die eerste week in die VSA, van Microsoft se Halo 3, in die stof gaan agterlaat. Meer as 70 miljoen kopieë van die GTA-reeks se ander titels is al wêreldwyd verkoop. Die reeks is egter ook erg gekritiseer weens dié speletjies se sogenaamde verheerliking van geweld. Mnr. Marc Cieslak, van BBC News, het gesê in GTA IV moet jy, as speletjie-karakter Niko Bellic, motors steel, banke beroof, vyande beveg en “basies chaos saai” in die sogenaamde Liberty City – wat nouliks op New York gebaseer is. “Liberty City is basies net so groot soos die regte New York en die vlak van detail en enorme omvang van die speletjie is asemrowend. Dit laat ander soortgelyke speletjies hol en leeg lyk,” het Cieslak gesê. – Fanie van Rooyen
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|