Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Gebeentes in Russiese woud ís die van kroonprins en sus
    May 01 2008 07:32:25:200PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Moskou. - 'n Russiese regeringsamptenaar het eergister bekend gemaak DNS-toetse bewys dat die gebeentes wat verlede jaar in 'n Russiese woud gevind is, dié van kroonprins Alexei en sy suster, die groothertogin Maria, is.

    Nege dekades lank, sedert tsaar ?Nikolaas II en sy gesin deur die Bolsjewieke uitgemoor is, was daar geen oorskot van die hemofiliese troonopvolger, Aleksei, te vinde nie.

    Sommige glo die 13-jarige het ontsnap en daar was al verskeie mans wat op die titel aanspraak gemaak het. Ander glo weer die beendere is iewers in die reusagtige Russiese wildernis begrawe.

    Die res van die gesin se oorskot is in 1991 opgegrawe en in die koninklike begraafplaas in Sint Petersburg herbergrawe. Die Russies-Ortodokse kerk het ál sewe familielede in 2000 tot heiliges verklaar.

    Navorsers het verlede jaar beenfragmente opgegrawe in 'n woud naby Jekaterinburg, waar die koninklike familie doodgemaak is. Russiese en Amerikaanse laboratoriums het die DNS-toetse gedoen.

    Mnr. Eduard Rossel, goewerneur van dié gebied 1 500 km oos van Moskou, het aan verslaggewers gesê dat 'n laboratorium in die VSA die gebeentes as Aleksei en Maria s'n geïdentifiseer het.

    "Ons het nou die hele familie gevind," het hy gesê. Nikolaas het in 1917 tydens die revolusie geabdikeer, en was saam met sy gesin in 'n huis in Jekaterinburg in aanhouding.

    Die tsaar, sy vrou, Aleksandra, hul seun en vier dogters is op 17 Julie 1918 deur 'n vuurpeloton in die kelder van die huis tereggestel.

    Die besluit oor wat van die oorskot gaan word, berus by die Russies-Ortodokse kerk.

    "Die tragedie van die tsaar se familie sal slegs tot ruste kom indien die familie tot slagoffers van politieke onderdrukking verklaar word," het mnr. German Loekjanof, 'n prokureur vir die koninklike afstammelinge, gesê. - Reuters

    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |