Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Speletjie maak meer geld as selfs topflieks
Die videospeletjie Grand Theft Auto (GTA) IV het in sy eerste week van verkope meer geld wêreldwyd laat inrol as enige rolprent of musiek-album in die geskiedenis. Die “meesterlike” GTA IV se verkope van meer as $500 miljoen (R3,8 miljard) wêreldwyd – meer as ses miljoen kopieë – maak dit ook die gewildste speletjie tot nog toe. Dit word ook beskou as een van die winsgewendste vermaaklikheidsuitreikings tot nog toe. In Suid-Afrika verkoop dit ook soos soetkoek. Mnr. James Oliver, bestuurder van verkope by Megarom, die maatskappy wat GTA IV vir die Xbox 360-stelsel versprei, het gister gesê hulle het al meer as 6 500 kopieë daarvan in Suid-Afrika verkoop. Teen R729 per kopie kom dit neer op R4,7 miljoen se verkope van die Xbox 360-weergawe alleen. GTA IV is ook beskikbaar vir die PlayStation 3-stelsel teen min of meer dieselfde prys. “Dit verkoop ongelooflik goed. Byna 90% van ons voorraad wat hierdie week in die land aankom, is reeds verkoop. “Volgende week sal nóg voorraad in die land aankom – maar 50% daarvan is óók verkoop. Die aanvraag is fenomenaal,” het Oliver gesê. Verkope van GTA IV het Hollywood se winsgewendste rolprentdebuut – Pirates of the Caribbean: At world’s end wat $406 miljoen (R3,1 miljard) in sy eerste ses dae geïn het, in die stof gelaat. “GTA IV se eerste week van verkope verteenwoordig die grootste uitreiking in die geskiedenis van interaktiewe vermaak en ons glo dié verkope oorskry enige fliek- of musiek-vrystelling tot nog toe,” het mnr. Strauss Zelnick, voorsitter van Take-Two, gesê. Take-Two se Rockstar Studio het dié speletjie geskep.
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|