Hoeveel het jý gewen?
Kliek hier vir die jongste én vorige Lotto-wennommers en uitbetalings.
Beeld
Olimpiese Spele in Beijing
Die SA span, nuus, agtergrond en ander inligting oor vanjaar se Olimpiese Spele in Beijing, China.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


’n Wêreld van radiostasies – op jou selfoon
May 09 2008 06:59:05:803PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
'n Selfoongebruiker in Suid-Korea wys 'n digitale koepon op haar selfoon. Om koopkoeponne op selfone te stuur, word ál gewilder in dié land. Winkels stuur afslag-koeponne só en mense stuur vir mekaar geskenke ook só - van fliekkaartjies tot koopbewyse vir 'n koppie koffie. Foto: Reuters
Ferdi Greyling


Die afgelope dekade lê besaai met goeie tegnologie en blink tegnologiese idees wat eenvoudig nie deur die wêreld se bevolking aanvaar is nie.

Die les is duidelik: dat die idee blink is, is nie deurslaggewend nie.

Nokia se nuwe radio-diens is beslis ’n blink idee. Dit is ook soliede tegnologie. Of dit gaan vlamvat, sal nog gesien moet word.

Maar as dit wel vlamvat, gaan dit heel moontlik radio verander.

Radiostasies kan lank reeds oor die internet uitsaai. Die klank word eenvoudig in data omgeskep en in ’n stroom gestuur. Aan die ander kant ontvang ’n rekenaar dit en sit dit weer om in klank. Dit is hoekom die plaaslike radiostasie 702 soms reaksie vanaf die ander kant van die aardbol kry.

Wat Nokia gedoen het, is om die rekenaar deur ’n selfoon te vervang. Dit kan deesdae gedoen word omdat selfone kragtig genoeg is en selfoonverbindings met die internet vinnig genoeg is.

Nokia se diens is nog in ’n beta-fase, maar ’n mens kan dit reeds aflaai en gebruik.

In dié stadium bied dit jou ’n keuse tussen meer as 100 radio-stasies van oor die wêreld heen.

As jy moeg daarvoor is dat die SAUK nie alternatiewe rock speel nie, skakel in op ’n alternatiewe rockstasie in die VSA of Brittanje. Wil jy ’n Franse stasie hê? Skakel daarop in.

Ek het ’n nuwe N82-foon by Nokia geleen, die beta-program op my rekenaar afgelaai (http://europe.nokia.com/A4678057), dit met Nokia se PC Suite op die foon geïnstalleer en ingeskakel.

Ek het jazz gekry (wat so gruwelik afwesig op plaaslike radio is), moderne rock (wat ewe gruwelik afwesig is) en ’n heerlike bespreking van Amerikaanse politiek (wat plaaslik logies afwesig is). Die Amerikaanse bespreking het my goed ingelig oor presies wat in die Amerikaanse presidentsverkiesing aan die gang is.

’n Blink tegnologie wat dalk net radio kan verander omdat dit skielik duisende radiostasies van oor die wêreld heen sal kan bied.

Nokia het dit egter goed gedink om die betaprogram net beskikbaar te stel vir nuwe fone in sy N-, E- en 6-reeks. Dit is dus nie beskikbaar vir byvoorbeeld die E50 nie – wat net soos die E51 (waarvoordat dit beskikbaar is) Symbian 60 (derde weergawe) gebruik. Dit sal sekerlik beter wees om dié soort ontwikkeling so wyd as moontlik beskikbaar te maak?

Omdat radio data is wat oor die internet afgelaai word, betaal ’n mens natuurlik daarvoor. Sommetjies wat met die hulp van ’n kenner gemaak is, dui daarop dat dit op die oomblik enigiets van R3 tot R18 per uur kan kos – afhangende van die gehalte van die radio-stroom wat jy aflaai.

Nuwe gebruikers wat van tegnologie hou en ryk mense sal dit kan bekostig, maar as die diens in die toekoms vir die algemene publiek bedoel gaan wees, sal data goedkoper moet word.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |