Slegter as hoenderspel kan dit nie
Ai, droefheid, maar dis 'n gesukkel om daai All Blacks onder te kry!
Beeld
Drienasies-rugbyreeks van 2008
Die bepalings, uitslae en puntestand.
  • Statistieke van Curriebeker-reeks
  • Statistieke van die Super14-reeks
  • Jou wêreld, Jou koerant
    Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
    Vennote


    Talle verhale oor ruimtewesens onthul
    May 14 2008 08:48:07:300PM  - (SA)  

     Druk artikel
     E-pos storie aan 'n vriend
    Anesca Smith

    Londen. – Brittanje het gister sy X-files aan die wêreld oopgestel.

    Meer as 1 000 bladsye oor vreemde vlieënde voorwerpe (VVV’s) wat tot dusver geheim gehou is, is gister vir die eerste keer deur dié land se regering bekend gemaak.

    En die ooggetuies wie se verhale daarin aangeteken is, word nie almal beskou as mense wat hul varkies verloor het of ongeloofwaardig is nie.

    Onder hulle is ’n vlieënier, polisielede en drie lugverkeerbeamptes. Laasgenoemde was trouens so bang hulle verloor hul werk oor dit wat hulle om 16:00 op 19 April 1984 gesien het dat hulle geweier het dat hul name op amptelike dokumente aangeteken word.

    Hierin word beskryf hoe hulle daardie dag naby Engeland se ooskus besig was om ’n klein vliegtuig met ’n landing te help toe hul aandag afgetrek is deur ’n helderverligte voorwerp wat sonder enige magtiging op ’n ander landingstrook in aantog was.

    Luidens die verslag het die lugbeamptes gesien hoe die vreemde voorwerp ’n vlugtige landing maak en toe weer “byna vertikaal” die lug ingeskiet het teen ’n “duiselingwekkende” spoed.

    Dit is beskryf as “ ’n ronde bol lig, met ’n silweragtige kleur”.

    Dr. David Clarke van die Universiteit van Sheffield Hallam, ’n VVV-kenner, het die regering se stap verwelkom.

    Volgens hom kom die meeste van die getuienis van gewone mense wat “iets vreemds” gewaar het en dan verplig voel om dit iewers aan te meld.

    In een van die meer “kleurryke” verslae vertel ’n ouer man hoe hy ontvoer is deur “klein, groen mannetjies” in die dorp Aldershot in 1985. Sy dokument lui: “Ek het ’n helder lig uit die suide in my rigting sien beweeg . . . Ek het gedink dit kon nie ’n vliegtuig wees nie, want dis te laag.”

    Die man, wie se naam nie genoem word nie, vertel verder hoe hy toe deur twee figure in groen oorpakke en valhelms aan boord van die VVV geneem is.

    “ ’n Stem het gevra: ‘Hoe oud is jy?’ Toe ek antwoord dat ek met my volgende verjaardag 78 jaar oud gaan wees, het hy gesê: ‘Jy kan maar gaan. Jy is te oud en te kranklik vir ons doeleindes.’ ”

    Die dokumente, van tussen 1978 en 2002, is op die internet beskikbaar sowel as by Londen se Nasionale Argiewe in Kew, in die suidweste van die stad.


    Teken in op Beeld

    Kry Beeld op jou Facebook-profiel

    Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

    vind
    Plaas jou GRATIS advertensie hier!
    SOEK | KOOP | VERKOOP
    vind jou ou skoolvriende

    Kies jou skool se provinsie



    en klik op die eerste letter van jou skool
    A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


    Adverteer in Beeld | Kontak ons |