Video: Spikkels bring Beeld
Plof! Uit die bed, deur die veiligheidshek, af met die trappe tot by die motorhuisdeur...
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na die eerste matriekafskeid-foto's.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


‘Batman’ in Imax lui nuwe era in
Jul 23 2008 08:16:39:257PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Batman (Christian Bale) in volle vaart. Dele van The Dark Knight is met Imax-kameras geskiet. Foto: Reuters
Fanie van Rooyen


Die reuse-sukses van die oorsese uitreiking van The dark knight kan moontlik wêreldwyd en in Suid-Afrika baie vir die toekoms van die Imax-fliekformaat beteken.

The dark knight, wat reeds $158,4 miljoen (nagenoeg R1,189 miljard) net in sy openingsnaweek in die VSA geïn het, is die eerste kommersiële Hollywood-fliek waarvan sekere tonele met Imax-kameras verfilm is.

Die gevolg is dat duisende fliekgangers oorsee en in Suid-Afrika reeds weke voor die uitreiking van dié nuutste Batman-fliek hul Imax-kaartjies vooruit bespreek het.

By die Imax-teater in die Menlynpark-winkelsentrum in Pretoria is sowat 2 000 Imax-kaartjies vooruit verkoop.

“Dis fantasties; ons fone hou eenvoudig nie op lui nie,” het me. Lizette van der Merwe, bemarkingsbestuurder van Imax in Menlyn, gister gesê.

The dark knight open Vrydag in gewone én Imax-teaters landwyd.

“Dis die eerste fliek in Hollywood se bestaan wat gedeeltelik met Imax-kameras verfilm is,” het Van der Merwe gesê.

“Altesame ses aksietonele, oftewel sowat 33 minute daarvan, is met Imax-kameras verfilm.

“Gewoonlik is die Hollywood-flieks wat ons op Imax vertoon het, soos The Matrix Reloaded, kunsmatig van gewone 35 mm-formaat na 70 mm-Imax-formaat vergroot sodat ons dit op Imax kon vertoon.

“The dark knight is egter reeds in Imax geskiet,” het Van der Merwe verduidelik.

Volgens haar is dit nog nie vantevore só gedoen nie, omdat dit geweldig duur is om op Imax te skiet. Dit kos na raming sowat $1 000 (nagenoeg R7 510) per minuut.

Reuters het vandeesweek berig die kommersiële sukses van The dark knight, saam met die feit dat die Imax-maatskappy tans werskaf om na digitale projeksie-teaters oor te skakel, dui daarop dat dié fliek ’n waterskeidingstydperk vir Imax sal inlui.

“Dié fliek is ’n groot mylpaal vir ons,” het mnr. Greg Foster, president van Imax Filmed Entertainment, bevestig.

Digitale projeksie-teaters verlaag die koste vir nuwe Imax-skerms en -toerusting drasties – van $1 miljoen per installasie tot sowat $150 000.

Imax hoop om, danksy dié kostebesparing en die goeie publisiteit van The dark knight, binnekort baie meer Imax-skerms wêreldwyd te hê.

“Ons wil binne twee jaar van 160 skerms wêreldwyd tot 360 skerms of selfs meer groei,” het Foster gesê .


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |