Brittanje het gister sy X-files aan die wêreld oopgestel.
Enige aanhanger van Star trek of Star wars sal weet dat dit nie maklik is om die heelal en die buitenste ruimte te verken nie.
Die videospeletjie Grand Theft Auto (GTA) IV
het in sy eerste week van verkope meer geld wêreldwyd laat inrol as enige rolprent of musiek-album in die geskiedenis.
Vergeet vir ’n oomblik van bluetooth-kommunikasie en begin die term Near Field Communication (NFC) onthou – dis dalk net eie aan selfone in die onmiddellike toekoms.
Wetenskaplikes vrees nou klimaatsverandering kan met die aarde en sy bewoners begin “weghol”.
Deeltjies van onsigbare “donker materie” is volgens ’n groep Italiaanse en Chinese wetenskaplikes diep in ’n berg in Italië ontdek.
Nog voordat die meeste mense groot LCD- of PDP- TV-skerms gekoop het, is hul opvolger amper by ons – Oled-skerms.
Al hoe meer tegnologie-bleeksiele, internetverslaafdes, Blackberry-beheptes en kompulsiewe IM’ers vat hul lewens terug deur af te skakel – al is dit net vir een dag.
Die eienaar van ’n plaaslike kroeg het ’n nuwe manier bedink om die omgewing veilig te hou: ’n Robot van sowat 136 kg waarop “Security” staan, wat omtrent ’n halwe mens lank is, met helder ligte, ’n videokamera en ’n waterpistool op sy kop.
Wat is die wêreld se giftigste insek? Waar kan ek goeie gehalte, goedkoop meubels kry? Dít is van die vrae waarop jy antwoorde sal kan kry op Answerit.24.com, www.24.com se nuwe kennisforum-webtuiste.
|
Die Vatikaan se hoofsterrekundige het vandeesweek in ’n onderhoud gesê daar behoort geen konflik te wees tussen ’n geloof in God en ’n geloof in die moontlikheid van intelligente lewe op ander planete nie.
Die afgelope dekade lê besaai met goeie tegnologie en blink tegnologiese idees wat eenvoudig nie deur die wêreld se bevolking aanvaar is nie.
Die geweld en volwasse inhoud word luid deur politici en besorgde ouers gekritiseer...
China het die VSA verbygesteek as die land met die wêreld se grootste bevolking internetgebruikers – 221 miljoen – sedert einde Februarie.
'n Russiese regeringsamptenaar het eergister bekend gemaak DNS-toetse bewys dat die gebeentes wat verlede jaar in 'n Russiese woud gevind is, dié van kroonprins Alexei en sy suster, die groothertogin Maria, is.
Tot dusver kon nog nie bewys word enige videospeletjie of brein-oefening kan ’n mens se intelligensie merkbaar verbeter nie.
Om jou eie DNS in detail te laat ontleed en die bloudruk van wat jy is, tot jou beskikking te hê was tot dusver ’n baie duur oefening, maar dit raak al hoe goedkoper.
Ná afloop van ’n twee dae lange konferensie om die vordering te bespreek van Suid-Afrika se bod om die wêreld se grootste radioteleskoop tot nog toe in die Karoo te laat bou, het verskeie Afrika-lande hul ondersteuning tot dié poging verleen.
Die bekende fisikus Stephen Hawking het , tydens ’n lesing in Washington ter ere van Nasa se 50ste bestaansjaar, gesê die wêreld behoort reusefondse te bestee om menslike kolonies op die maan en Mars te kan vestig.
Al die toekennings in die wêreld beteken niks as daar nie die politieke wil is om die tegnologie by die mense op die grond uit te bring nie...
|