Had Divvie maar om die vuur geskrum
Sjoe, dit moet darem kwaai op 'n ou se sisteme wees as jy Sondagoggend wakker word en rustig kafee toe stap om die duiwel se bybel te gaan koop.
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


DKD: Tronkhoof verbind met tenderfirmas
Jul 26 2006 02:32:54:333PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Adriaan Basson en Carien du Plessis

Suid-Afrika se tronkhoof het sakebande met twee maatskappye aan wie die departement van korrektiewe dienste (DKD) die afgelope jaar drie staatskontrakte van bykans R1 miljard toegeken het.

'n Beeld-ondersoek het bevind 'n verteenwoordiger elk van Sondolo IT en Phezulu Fencing - twee maatskappye aan wie die DKD sedert April verlede jaar in totaal kontrakte van R948 229 774,66 toegeken het - is ook verbonde aan die maatskappy van wie mnr. Linda Mti, nasionale kommissaris van die DKD, 'n direkteur is.

Lianorah Investment Consultancy is op 14 Februarie 2005 geregistreer en Mti, 'n direkteur van die maatskappy, mnr. Tony Perry, 'n amptenaar, en die Krugersdorpse ouditeursfirma Bester Viljoen Inc. is op 14 Maart 2005 aangestel.

Mti is sedert Augustus 2001 die land se tronkhoof.

Perry is ook 'n amptenaar van Sondolo IT, terwyl Bester Viljoen Inc. in die direksie van Phezulu Fencing dien.

Dié onthulling kom twee weke nadat die ouditeur-generaal sy verslag in die parlement ter tafel gelê het waarin hy bevind het 1 678 LUR's en regeringsamptenare het private belange wat nie behoorlik verklaar is nie.

Mti ontken dat daar 'n botsing van belange bestaan tussen sy private belange en amptelike posisie.

Volgens hom is Lianorah Investment Consultancy dormant en hét hy sy sakebelange aan die Staatsdienskommissie verklaar.

Sondolo IT én Phezulu Fencing was vandeesweek in die nuus nadat aanvanklik berig is geld vir dié tenders het uit die begroting van R1,2 miljard gekom wat bedoel is vir die bou van vier nuwe tronke. Die DKD het intussen gesê R640 miljoen wat hulle vanjaar gespaar het, is vir hierdie tenders gebruik.

Sondolo IT, 'n filiaal van die Bosasa-groep wat onder meer die kombuise van sommige tronke bestuur, het in April verlede jaar 'n tender gekry om toegangsbeheerstelsels in 66 tronke te installeer en te onderhou. Luidens amptelike tenderdokumente sal dit die DKD sowat R237 miljoen kos.

Dié tender is sowat 'n maand ná Mti se aanstelling as 'n direkteur van Lianorah Investment Consultancy aan Sondolo IT toegeken.

In Desember 2005 is 'n tender aan Phezulu Fencing toegeken vir die oprigting van binne- en buiteheinings met kringtelevisies.

Die heinings sou sowat 28 km lank wees.

Dié tender, plus onderhoud vir vier jaar, sou die DKD sowat R486,9 miljoen uit die sak jaag.

Vandeesmaand is nóg 'n tender aan Sondolo IT toegeken - dié keer vir 6 000 TV-stelle en monitors in álle tronke wat teen R159 miljoen geïnstalleer gaan word.

Sowat R1,4 miljoen per maand - R65,4 miljoen in totaal - word uitbetaal vir die onderhoud van hierdie stelsels in die vier jaar nadat die waarborgjaar verstryk het.

Mnr. Manelisi Wolela, DKD-woordvoerder, het gesê die stelsels is deel van die departement se ITstrategie wat van toekomstige breëband-tegnologie gebruik sal maak. Perry en Bester Viljoen Inc. se direkteurs het teen druktyd nie gereageer op boodskappe nie.

----------- Wie is Linda Mti?

- Begin in 1976 werk as 'n laboratoriumtegnikus in Port Elizabeth.

- Word in 1977 saam met Steve Biko aangehou en sluit ná sy vrylating aan by die ANC in Lesotho.

- Dien die ANC tussen 1978 en 1991 as onder meer bevelvoerder van Umkhonto we Sizwe.

- In 1991 aangestel as ANC-voorsitter in die Oos-Kaap. - Word in 1994 'n ANC-LP en beklee die posisie van voorsitter van die portefeuljekomitee oor veiligheid en sekuriteit.

- In 1996 aangestel as hoof van die Nasionale Intelligensiekoördineringskomitee.

- Sedert Augustus 2001 nasionale kommissaris van die DKD.

--------- Tronkbaas ontken belangebotsing

Komm. Linda Mti verwerp bewerings dat daar 'n botsing bestaan tussen sy private sakebelange wat hy glo, soos vereis, aan die Staatsdienskommissie verklaar het en sy mandaat om die DKD se dienslewering te lei.

"Ek is die enigste eienaar en direkteur van 'n dormante maatskappy wat ek gevestig het en na my moeder genoem het - Lianorah Investment Consultancy. Dié maatskappy het nog nóóit enige saketransaksies gedoen nie.

"Die enigste kontak wat ek gehad het met mnr. Tony Perry, 'n afgetrede geoktrooieerde rekenmeester wat gewoonlik ontluikende swart ondernemings help met die tegniese aspekte daarvan om 'n entiteit te registreer, was sy bystand met die maatskappy se registrasie. Hy het ook aangebied om te dien as die maatskappy se sekretaris. Ek dra geen kennis van of neem deel aan sy sakeondernemings nie.

"Ek dra geen kennis van Bester Viljoen of sy sakebelange nie."


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |