Lee-Ann weer die sexyste
"Ek het dadelik in trane uitgebars. Ek het nie gedink ek het 'n kat se kans om dit weer te wen nie."
Beeld
Matriek-fotokompetisie
Kyk na van die matriekafskeid-foto's wat reeds ontvang is.
Stuur jou foto na jip@beeld.com.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


DKD: Kommissie kyk na tronkbaas se sakebande
Jul 26 2006 02:18:08:713PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Carien du Plessis

Die Staatsdienskommissie (SDK) ondersoek komm. Linda Mti, die nasionale tronkhoof, se beweerde belange by maatskappye aan wie die departement van korrektiewe dienste (DKD) kontrakte van miljoene rande toegeken het.

Dit kom nadat Beeld twee maande gelede onthul het dat dieselfde "amptenaar" wat Mti gehelp het om sy maatskappy, Lianorah Investment Consultancy, te registreer, 'n werknemer is van die Bosasa-groep van maatskappye waarvan Sondolo IT deel is.

Sondolo IT het in minder as 'n jaar DKD-kontrakte van ongeveer R461 miljoen gekry.

'n Projek van R487 miljoen vir die oprigting van veiligheidsheinings by 53 tronke is ook intussen deur Phezulu Fencing aan Sondolo IT toevertrou om te bestuur.

Volgens Sondolo IT word Mti se "amptenaar", mnr. Tony Perry, nie deur hulle betaal nie en het hy bloot gehelp om die maatskappy te registreer en op die been te bring.

Die SDK-ondersoek het gister geblyk uit skriftelike antwoorde van mnr. Ngconde Balfour, minister van korrektiewe dienste, op vrae wat mnr. James Selfe, DA-LP, in die parlement aan hom gerig het.

Volgens Balfour was Mti "duidelik nie betrokke gewees by - enige punt in die aankoopproses" nie, en gaan hy dus nie deur die DKD ondersoek word nie. Hy het egter gesê die SDK het hom genader vir inligting oor "hierdie sake", en dat hy hierdie inligting aan hulle verskaf het.

"Dit sal onbehoorlik van my wees om bykomende stappe te doen terwyl die regte statutêre liggaam wat dié sake ondersoek, besig is met die kwessie.

"Dit is nie vir my om te sê wanneer die SDK die ondersoek gaan voltooi nie."

Balfour het ook gesê Mti het wel op 18 April 2006 sy belang in Lianorah by die DKD verklaar vir die 2005-2006-boekjaar.

Oor Mti se rol in DKD-tenderprosesse het Balfour gesê hy (Mti) is slegs betrokke by die "vestiging en samestelling" van die tenderevaluasie-komitee. Hy het ook gesê tydens dié proses sien Mti glad nie enige van die tenderdokumente, wat besonderhede van direkteure en amptenare van enige maatskappye kan insluit, nie.

Balfour het ontken dat Mti enige sakebande met "die betrokke maatskappye" het.

Balfour het bygevoeg dat Mti se maatskappy dormant is.

Mnr. Humphrey Ramafoko, woordvoerder van die SDK, het gister gesê die kommissie sal vandag kommentaar lewer op Balfour se antwoorde. Hy wou nie oor die aard van die Mti-ondersoek uitbrei nie.

Selfe kon nie gister vir kommentaar bereik word nie.

Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |