Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Telkom: Papi het geweet
Mnr. Papi Molotsane, Telkom se uitvoerende hoof, was bewus van die korporatiewe hoof van dié maatskappy se belange by 'n sakeman aan wie Telkom verlede jaar 'n tender van miljoene rande toegeken het. Dié erkenning deur mnr. Anton Klopper, hoof van Telkom se regsdienste, kom nadat Sake vroeër onthul het mnr. Mandla Ngcobo, Telkom se korporatiewe hoof, het sakebande met mnr. Sello Mahlangu, direkteur en aandeelhouer van Value SA, wat verlede jaar suksesvol was in die verkryging van Telkom se tender vir die verspreiding van hul produkte landwyd. Die toekenning van dié kontrak is intussen weens tegniese redes gekanselleer en is tans die onderwerp van 'n hofgeding. Volgens Klopper het Ngcobo nie Telkom se gedragskode verbreek nie en bestaan daar nie 'n konflik van belange nie. Telkom se gedragskode bepaal dat geen Telkom-werker belange in enige verskaffer mag hê nie. Hoewel Ngcobo nie self 'n direkteur van Value SA is nie, is hy en Mahlangu albei tans direkteure van Bush Hill Risk Management 9 en het hulle ook voorheen saam in direksies gedien. Mahlangu is ook deel van die bemagtigingsgroep Representative wat in 2004 onder leiding van Ngcobo 5% van die finansiëledienstegroep Brait verkry het. Dít is volgens Klopper nie 'n konflik van belange nie. "Mandla het geen belang by Value SA nie. Beteken dit dat niemand wat hom ken met Telkom mag sake doen nie?" "Bush Hill is in elk geval 'n dormante maatskappy." Telkom het voorheen ontken dat Ngcobo enigiets te doen gehad het met die toekenning van dié R10 miljoen-per-jaar-kontrak. Op die vraag waarom Ngcobo dan op 31 Oktober 2005, nadat hy reeds as hoof-regsadviseur tot korporatiewe hoof bevorder is, die brief geskryf het wat aan tenderaars gestuur is om hulle oor die kansellasie van die tender in te lig, het Klopper gesê daar is reeds "swaarde geswaai hieroor". Dié brief is op 'n regsdienste-briefhoof geskryf en namens Ngcobo onderteken. Volgens Sake se inligting was Ngcobo ook teenwoordig op 'n vergadering van die aankope-oorsigraad (PRC) waar die toekenning van dié tender bespreek is. Klopper het dit ontken en gesê Ngcobo was toe reeds korporatiewe hoof. Hy was egter nie seker of daar een of twee PRC-sittings was waartydens die verspreidingstender bespreek is nie. Klopper het twee weke gelede onderneem om Sake te voorsien van dokumentasie wat wys wie op die PRC gedien het toe die tender aan Value SA bespreek en toegeken is. Geen sulke dokumente is nog ontvang nie. Ngcobo en mnr. Motlatsi Nzeku, Telkom se inligtingshoof, se foto's en profiele is onlangs op hul versoek van die Telkom-webwerf verwyder omdat dit glo "misbruik" word. Nzeku, wat voorsitter van die PRC was, het die toekenning van die Value SA-kontrak bekragtig.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|