Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Apartheidkorrupsie: Pre-1994-korrupsie dalk gestraf
'N Verslag wat vandag deur Suid-Afrika se nasionale teenkorrupsieforum uitgereik word, beveel aan dat korrupsie wat onder die apartheidregering gepleeg is, weer ondersoek word met die oog op strafregtelike vervolgings. Die forum, wat gelei word deur me. Geraldine Fraser-Moleketi, minister van staatsdiens en administrasie, en bestaan uit verteenwoordigers van die staatsdiens, sakewêreld en burgerlike samelewing, vergader vandag om 16:00 in Pretoria om die omvattende verslag met bewerings van korrupsie wat tussen 1976 en 1994 gepleeg is, te bespreek. Die verslag bied die forum twee keuses: beskou dit bloot as 'n geskiedkundige dokument of vra dat nóg inligting deur wetstoepassingsowerhede versamel word met die oog op vervolging. Beeld het einde verlede jaar berig oor die voorlopige verslag, geskryf deur die Instituut vir Sekerheidstudies (ISS), met 'n kroniek van kwessies wat ondersoek moet word omdat dit tot dusver nie behoorlik deurgetrap is nie of onder die mat gevee is. Dié verslag het onder meer die Broederbond, die regerings van oudpress. PW Botha en FW de Klerk, die Suid-Afrikaanse Reserwebank, dr. Wouter Basson en oudministers Pik Botha, Connie Mulder en Magnus Malan as kwessies ingesluit. Die finale verslag, wat in Beeld se besit is, beveel egter ook aan dat bewerings van korrupsie teen voormalige tuislandleiers weer bekyk word. Die fokus val veral op die verhouding tussen mnr. Sol Kerzner, miljoenêr en hotelmagnaat, en die tuislandleiers mnre. George Matanzima (Transkei) en Lucas Mangope (Bophutatswana). Daar word ook gevra dat die verhouding tussen mnr. Vito Palazollo, vermeende Mafiabaas van Franschhoek, en die Ciskeise regering weer ondersoek word. "Waarom is Vito Palazollo nog nie suksesvol in Suid-Afrika vervolg of aan Italië uitgelewer om aangekla te word nie?" vra die verslag. Ondersoeke wat ook in die finale verslag aanbeveel word, is: - Operasie Marion oor geld wat glo van die apartheidstaat na die IVP gevloei het; - "Koverte diefstal" van ANC-geld wat glo deur die apartheidsregering onderskep is; - Lenings deur die Reserwebank aan Bankorp wat "teoreties bankrot" was; - Die Masterbond-skandaal; en - Bewerings van bedrog met die "uitvoer" van vragskeephouers. Luidens die verslag dra dié dokument daartoe by om die persepsie verkeerd te bewys dat die apartheidstaat vry van korrupsie was. "Dit vra moeilike vrae oor hoe ons dele van ons verlede hanteer wat eerder deur vrae as antwoorde gekenmerk word.
"Ondersoek en vervolg ons, of staar ons eerder net daarna?"
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|