Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ministersbelange: 'As húlle nie by kode hou . . .'
Mnr. Shauket Fakie, die ouditeur-generaal (OG), het Vrydag sy verslag oor die verklaring van belange deur ministers, adjunkministers en staatsamptenare ter tafel gelê. Fakie het gesê 20 ministers en adjunkministers het elders belange, maar nie gesê wie die 14 regeringslede is wat nï é hul belange verklaar het nie. 'n Beeld-ondersoek het nou bevind dat hierdie die 14 lede is wie se direkteurskappe van private, publieke of nie-winsgewende (art. 21) maatskappye nï é in die parlement se register van ledebelange vir 2005 verskyn nie. Dit het gister aan die lig gekom dat dié ministers tans besig is om individuele antwoorde in reaksie op die OG se verslag saam te stel wat moontlik vandag of later hierdie week in 'n gesamentlike verklaring van die presidensie vervat sal word. Fakie het aan die SAUK gesê dit is nog te vroeg om aan te beveel dat die lede wat in sy verslag genoem word deur die parlement gestraf word. Volgens hom is sy bevindings deels gegrond op ou inligting, berig Sapa. Hy het ministers ook daarop gewys dat dit hul plig is om toe te sien dat hul name van 'n maatskappy se register verwyder word as hulle as direkteure bedank. Mnr. Murphy Morobe, woordvoerder van die presidensie, het vroeër in 'n verklaring gesê 'n voorlopige ondersoek deur die presidensie het daarop gedui dat baie van die direkteurskappe wat nie verklaar is nie betrekking het op leë maatskappye, maatskappye wat nie meer sake bedryf nie of dat die ministers reeds as direkteure bedank het. Volgens mnr. Thami Ngidi, woordvoerder van min. Stella Sigcau, is sy en ander ministers besig om hul reaksie op die OG-verslag saam te stel. Mnr. Tommy Makhode, woordvoerder van min. Naledi Pandor, het gesê sy het reeds in 1998 as 'n direkteur van Luthando Investment Holdings bedank en die OG skriftelik van haar bedanking ingelig. Votani Mawethu, waarvan mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, en Mlambo-Ngcuka as direkteure aangedui word, is volgens 'n ANC-leier voor die 1999 verkiesing gestig met die doel om geld vir kiesafdelingwerk, wat van die regering af kom, en geld vir die ANC se veldtog, wat deur die ANC self ingesamel is, apart te hou. Hierdie ANC-geld is dan gebruik om behoeftiges te help om ID's gratis te bekom. Volgens mnr. Madiba Thabethe, woordvoerder van adj.min. Malusi Gigaba, het Gigaba reeds uit al drie maatskappye bedank waarvan hy steeds as direkteur aangedui word. Die DA gaan die parlement se staande komitee vir openbare rekeninge (Skoor) vandag vra om lede te ondersoek wat nie hul belange verklaar het nie. Mnr. Themba Godi, PAC-LP en voorsitter van Skoor, het gister gesê die OG-verslag is "steurend". "As die uitvoerende lede gesien word as mense wat hulle nie by die gedragskode hou nie, hoe kan 'n mens van staatsamptenare verwag om hulle daarby te hou?" het Godi gevra.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|