Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Ministersbelange: Van eiendomme tot onbekend
'n Beeld-ondersoek het bevind die volgende ministers en adjunkministers het nié hierdie belange by die parlement verklaar nie: - Adj.pres. Phumzile Mlambo-Ngcuka is 'n direkteur van Lesila, 'n maatskappy waaroor daar weinig inligting bestaan, en Votani Mawethu. Mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, word ook aangedui as 'n direkteur van Votani. Volgens sy woordvoerder bedryf Votani nie meer sake nie en is dit gestig met die uitsluitlike doel om mense te mobiliseer om ID's vir die 1999-verkiesing te kry. - Me. Thoko Didiza, minister van landbou en grondsake, is 'n direkteur van Onderstepoort Biological Products (OBP) en Jobco, 'n art. 21-maatskappy wat onlangs die funksies van Business Trust oorgeneem het. OBP, wat entstowwe vervaardig, het voorheen aan die staat behoort, maar in 1999 geprivatiseer. Die staat is steeds 'n aandeelhouer. - Me. Naledi Pandor, minister van onderwys, is volgens die registrateur van maatskappye se rekords steeds 'n direkteur van Luthando Investment Holdings. Volgens haar woordvoerder het sy by dié maatskappy bedank en die OG daaroor ingelig. Luthando is 'n bemagtigingsgroep wat veral op vroue fokus met belange in verskeie afdelings. - Me. Stella Sigcau, minister van openbare werke, word aangedui as die direkteur van 'n onbekende maatskappy Mpuma. - Dr. Zola Skweyiya, minister van maatskaplike ontwikkeling, is 'n lid van die beslote korporasie Hoewe 114 Lyttelton Landbouhoewes, wat waarskynlik 'n eiendomsbelegging is. - Mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, is soos Mlambo-Ngcuka 'n direkteur van Votani Mawethu. - Mnr. Mandisi Mpahlwa, minister van handel en nywerheid, het soos Didiza nie sy direkteurskap in Jobco aan die parlement verklaar nie. - Mnr. Jeff Radebe, minister van vervoer, is 'n lid van die beslote korporasie Stand 1993 Houghton Properties. Dit is waarskynlik vir die aankoop van 'n eiendom gevorm. - Me. Loretta Jacobus, adjunkminister van korrektiewe dienste, is 'n direkteur van die art. 21maatskappy Resources Aimed at the Prevention of Child Abuse and Neglect (Rapcan). Rapcan is gemoeid met kinders wat verwaarloos of gemolesteer word. - Mnr. Mluleki George, adjunkminister van verdediging, het wél sy belang by Real People Housing Holdings verklaar, maar nie sy aandeel in die beslote korporasie Emberen Trading nie. Emberen se aktiwiteite is onbekend. - Mnr. Malusi Gigaba, adjunkminister van binnelandse sake, het versuim om drie direkteurskappe te verklaar: Development Enterprise for Management and Strategic Services, Biz Afrika 1477 en Ogwini Life Services. Volgens sy woordvoerder het hy reeds uit al drie bedank en het hy bewyse daarvoor. - Me. Lulu Xingwana, adjunkminister van minerale en energie, is 'n direkteur van Citycat Trading 54. Dié maatskappy se aktiwiteite is onbekend. - Me. Susan Shabangu, adjunkminister van veiligheid en sekuriteit, is 'n lid van die beslote korporasie Western Ocean Investments 38.
- Mnr. Gert Oosthuizen, adjunkminister van sport en ontspanning, is volgens die registrateur van maatskappye se rekords steeds 'n lid van die beslote korporasie Braai Spot en die maatskappy Thaba Drankkelders. Albei is in die proses om gederegistreer te word.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|