Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Wie is Bosasa?
Bosasa Operations, die kernmaatskappy in die Bosasa-groep, het sy ontstaan in ’n 1997-transaksie gehad toe mnre. Gavin Watson, uitvoerende hoof, Danny Mansell, ’n sakevennoot, en Dyambu Holdings – ’n maatskappy met ANC-vroueliga-bande – die aandele van die Meritum-groep in Krugersdorp gekoop het. Mnr. Fanie van Zyl, bekende oud-Springbokatleet, het Meritum begin om ’n “plek van veiligheid” vir verhoorafwagtende jeugoortreders te bedryf. Nadat die Watson-groep tot die transaksie ingestem het, het Meritum ook ’n kontrak by die departement van binnelandse sake gekry om ’n vlugtelingkamp (Lindela) daar naby te bedryf. In 2000 het Dyambu Holdings sy aandele aan die Thula-trust verkoop en is die jeugsentrum Bosasa (“die toekoms” in Noord-Sotho) gedoop. Sedertdien het Bosasa Operations uit sy nate gegroei. In 2004 is Bosasa aangewys as die snelgroeiendste bemagtigingsmaatskappy in die land (Watson is die enigste wit direkteur) met ’n jaarlikse omset van R400 miljoen en meer as 2 000 werknemers. Nuwe filiale is gestig en die groep het hom ook as ’n veiligheidsverskaffer begin posisioneer. Van Bosasa se veiligheidskontrakte sluit in dié vir die O.R. Tambo-lughawe en die Poskantoor. Bosasa se bemagtigingsvleuel is versterk deur dié nuwe maatskappye wat by die groep aangesluit het: Kgwerano (wat in Oktober 2004 ’n kontrak van R100 miljoen by die departement van vervoer gekry het om sy voertuigvloot te onderhou), Bancar Investments (waarby Watson se broer, Ronnie, betrokke is) en Nkonjane.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|