Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Subkontrakteur waai oor ‘bullebak-taktiek’
Die onprofessionele “bullebak-taktiek” en “onnoselheid” was vir hom te veel. Daarom het mnr. Craig Henderson, hoof van Complete Security Services (CSS), in November verlede jaar besluit om te “bedank” as subkontrakteur van Sondolo IT. Mnr. Papa Leshabane, woordvoerder van Sondolo IT, het intussen ontken CSS het bedank en gesê hulle het sáám besluit om CSS se kontrak te beëindig weens dié maatskappy se “substandaard” werk. Henderson se CSS en Vikela Security is gesubkontrakteer om ál die installerings van toegangsbeheerstelsels landwyd te behartig. CSS was verantwoordelik vir tronke in Gauteng, KwaZulu-Natal, Mpumalanga en Noordwes. Volgens Henderson het die werksverhouding tussen CSS en Sondolo IT versuur en was dit later onhoudbaar vir sy maatskappy om met die projek voort te gaan. “Die verhouding het verbrokkel ná vele onsmaaklike insidente, waaronder mnr. Angelo Agrizzi, Bosasa se groepskoördineerder, wat een van ons senior projekbestuurders tydens die projek genader en vir hom werk aangebied het teen 50% meer as wat hy toe verdien het,” sê Henderson. Volgens Leshabane is daar geen wet wat hulle keer om dít te doen nie. Henderson beweer daar was ’n “konstante misbruik van die verhouding”, Sondolo-amptenare het dikwels nie by vergaderings opgedaag nie, die vereistes en grootte van die projek is verander sonder konsultasie en Sondolo IT het “bullebak-taktiek” gebruik om CSS te probeer dwing om te doen wat hulle sê. Sondolo IT se verteenwoordiger op terreine waar CSS moes werk, was glo “onnosel”, “uit sy diepte” en het ál die kontrakteurs wat saam met hom gewerk het, vervreem. Leshabane ontken hierdie bewerings. “Elke week se projekvergadering het ’n mynveld geword en dae voor die tyd het ek reeds die moontlike konfrontasie en algemene dreigemente en vingerwysery gevrees,” sê Henderson. Die vertrek van mnr. Johan Helmand, Bosasa se tegniese hoof, was volgens Henderson die projek se grootste slag. “Johan was Sondolo se enigste ervare en opgeleide tegnikus wat installasievereistes verstaan het. “Hy het altyd probeer om die feite te volg.” Volgens Henderson het CSS uiteindelik ’n ooreenkoms met Sondolo IT bereik ingevolge waarvan boetes betaal is vir die 19 tronke waar hulle installasies gedoen het. Leshabane ontken dat boetes betaal is, sê CSS se finale betaling vir die voltooide tronke, is “teruggehou” weens swak werk, en die enigste betalings wat ná die kontrak se beëindiging gedoen is, was vir werk wat toe reeds afgehandel was.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|