Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Onthul: Die hoë name agter konkelfirma
en Carien du Plessis Hooggeplaaste Suid-Afrikaners met ANC-bande, waaronder pres. Thabo Mbeki se politieke raadgewer, besit die omstrede IT-maatskappy wie se tenderkonkelry met die departement van korrektiewe dienste (DKD) onlangs blootgelê is. Beeld en sy susterskoerant Die Burger het twee weke gelede onthul hoe dié maatskappy, Sondolo IT, self groot dele van die tenderdokumente geskryf het vir ’n kontrak ter waarde van R237 miljoen wat later aan hulle toegeken is. Vandag kan Beeld en Die Burger van die begunstigdes agter Sondolo IT onthul. Hulle is onder meer:
Beeld wou weet waarom die entiteite waardeur hulle hul aandele besit, hoegenaamd besluit het om in die destyds nuutgestigte en onbekende Sondolo IT te belê. In nog ’n verwikkeling is die pos van mnr. Patrick Gillingham, finansiële hoof van die DKD, die afgelope Sondag landwyd in koerante geadverteer. Die DKD het nie teen druktyd op Beeld se navrae hieroor gereageer nie. Aandele in Sondolo IT, aan wie sedert sy registrasie op 10 Februarie 2005 byna R500 miljoen se DKD-tenders toegeken is, is op dieselfde dag verdeel tussen Bosasa Operations (40%), Kgwerano Financial Services (25%), Bancar Investment Holdings (25%) en die Bosasa Youth Development Foundation (10%), ’n Art.21-maatskappy (dus sonder winsbejag). Die persoon wat die meeste aandele (13,32%) in Sondolo IT besit, is mev. Carol Mkele, ’n sakevrou van Port Elizabeth. Sy het ’n jare lange verbintenis met Watson en sy familie. Watson besit deur die Gavin Watson Family Trust 10,4% van Sondolo IT, en Mafolo se Mapetla Family Trust 7,5%. Phalatse besit 1,25% en Mamoepa 0,5%. Mafolo en Mamoepa hou hul aandele deur Bancar, terwyl Phalatse 5% van Kgwerano besit. Altesame 18 entiteite en 16 individue – sommige van hulle Bosasa-werknemers – is betrokke by Sondolo IT se aandeelhouding. Een van hierdie individue is mnr. Tony Perry, Bosasa se groepsekretaris. Beeld het oorspronklik Sondolo IT se verbintenis met Mti onthul toe dit aan die lig gekom het Perry het vir die tronkhoof ’n private maatskappy geregistreer. Perry hou deur sy aandeelhouding in Kgwerano Management and Employees 2,5% van Sondolo IT. Mnr. Fantas Mobu, hoof van aankope by die staat se agentskap vir die verskaffing van inligtingstegnologie (Sita), besit 0,5% van Sondolo IT en is die enigste aandeelhouer wat op Beeld se vorige onthullings gereageer het. Volgens Mobu is hy deur sy indirekte aandeelhouding nie betrokke by die daaglikse bestuur van Sondolo IT nie, maar sal dit “jammer en teleurstellend” wees as die bewerings van tenderkonkelry waar is – en behoort die reg dan sy loop te neem.
|
||||||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|