Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


4 Tshwane-toetssentrums van Maandag tot 17:00 oop
May 17 2007 09:56:52:870PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Aldi Schoeman

Die vier toetssentrums in Tshwane sal van Maandag af tot 17:00 oop wees.

Me. Dikeledi Lehobye, burgemeesterskomiteelid vir gemeenskapsveiligheid in Tshwane, het gesê dié besluit is geneem om die agterstande uit te wis.

Sy het gister die Saambou-lisensiekantoor besoek en na die klagtes van mense wat in toue gestaan het, geluister.

Volgens dr. Johan Kok, direkteur van lisensiedienste in Tshwane, sal transaksies hopelik ná 15:00 vinniger afgehandel kan word omdat die hele land dan nie meer die stelsel gebruik nie. Net voertuigregistrasies en -lisensies sal ná 15:00 hanteer word.

Kok sê dié bykomende werkure by die Watloo-, Centurion-, Station Square- en Saambou-lisensiekantore sal die tempo waarteen transaksies afgehandel word, “waarneembaar” verhoog. Sedert eNaTIS op 13 April in gebruik geneem is, het agterstande by lisensiekantore opgebou omdat dié stelsel twee volle dae buite werking was en op ander dae stadig was.

Kok sê die ou stelsel kan glad nie meer gebruik word nie, selfs al is eNaTIS af.

Volgens Lehobye is die besluit om die nuwe stelsel in werking te stel, op nasionale vlak geneem.

Lehobye wou nie kommentaar lewer op die vraag oor of sy dink dit sou beter wees om die stelsel eers in een provinsie en later in ander provinsies in werking te stel nie.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |