Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Stelsel is nou eers 95% aktief
Die departement van vervoer sê die eNaTIS-stelsel is nou eers 95% aktief en sal hopelik teen die einde van dié maand teen sy volle potensiaal werk. Mnr. Collen Msibi, woordvoerder van dié departement, het gister gesê dat hoewel baie mense nog steeds oor die stelsel kla, is sy departement tevrede met die werk wat eNaTIS tot dusver doen. Hy het ook gesê alle lisensiekantore landwyd het gister doeltreffend gefunksioneer. “Geen probleme is tot dusver aangemeld nie. Ons is tevrede met die werk van die stelsel. Net omdat daar lang toue by lisensiekantore is, beteken dit nie die stelsel werk nie. Dit werk. Ons is besig om die agterstand in te haal,” het Msibi gesê. Hy meen dié agterstand behoort teen die einde van die maand uitgewis te wees. Hoewel die departement tevrede is met die nuwe stelsel, was baie mense gister by die Wadeville-lisensiekantoor in Germiston nog gefrustreerd daarmee. Dié kantoor het eers ná 09:00 oopgemaak. Slegs 20 mense is op ’n slag by die perseel ingelaat om gehelp te word. Dit het daartoe gely dat die tou ’n paar meter elke uur teen ’n slakkepas beweeg het. ’n Ontevrede man wat in die ry gestaan het, het gedreig dat hy die departement van vervoer hof toe sal neem as hulle hom ’n boete gaan gee. “Hulle kan my nie beboet vir húlle swak diens nie. Ek staan al van vroegoggend hier en kan nie weer terug kom nie. Ek het nie elke dag ’n vakansiedag nie,” het die man, wat verkies het om anoniem te bly, gesê.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|