Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Skerpioene-klopjag op Selebi
May 25 2007 05:49:13:267AM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Msimelelo Njwabane


Die kantore van komm. Jackie Selebi, na­sionale polisiehoof, is twee weke gelede deur die Skerpioene deurgesoek.

Beeld kan vandag onthul dat Selebi se kantore deurgesoek is as deel van die Skerpioene se ondersoek na die polisiehoof se beweerde betrokkenheid by misdaad.

Mnr. Panyaza Lesufi, woordvoerder van die Skerpioene, wou nie gisteraand die klopjag bevestig of ontken nie. “Op grond van die inligting tot my beskikking kan ek nie kommentaar lewer nie.”

Dir. Sally de Beer, Selebi se woordvoerder, het ontken dat klopjagte op sy kantoor uitgevoer is.

“Dis nie waar nie. As hulle dit gedoen het, sou ek geweet het, veral omdat my kantoor langs Jackie Selebi s’n is.”

Volgens De Beer kon sy nie die saak met Selebi bespreek nie omdat hy in ’n bestuursvergadering was.

Beeld het egter van twee betroubare, onafhanklike bronne verneem dat die Skerpioene lasbriewe bekom en twee weke gelede op Selebi se kantore toegeslaan het.

Dié klopjag was tot dusver ’n goed bewaarde geheim.

Volgens Beeld se bronne hou die klopjag verband met bewerings van onder meer korrupsie, bedrog, dwelmsmokkelary en geldwassery.

Selebi se vriendskap met mnr. Glenn Agliotti, die enigste beskuldigde in die Brett Kebble-moordsaak, is verlede jaar deur die Mail & Guardian (M&G) onthul.

Sedertdien het Selebi volgehou hy is onskuldig en dat hy nie kennis dra van Agliotti se beweerde betrokkenheid by misdaad nie.

“Hy (Agliotti) is my vriend, finish en klaar,” het Selebi destyds aan die M&G gesê.

Agliotti is in Januarie ook deur die Skerpioene aangekla in ’n internasionale dwelmsmokkel-saak van R250 miljoen.

Die regering het hom tot dusver agter Selebi geskaar en mnr. Charles Nqakula, minister van veiligheid en sekuriteit, het verlede jaar gesê mense moet bewyse oor Selebi bring – dán sal hy optree.

Dit blyk nou dat die Skerpioene die fokus van hul ondersoek op Selebi geplaas het.

Volgens Beeld se bronne is daar gesoek na ’n verskeidenheid dokumente en is daar ook beslag gelê op rekenaar-materiaal.

Enige moontlike bewyse van betalings aan Selebi moes ook deur die Skerpioene verwyder word.

Die M&G het twee weke gelede berig dat die Skerpioene hul “net nouer span om Selebi” en alle aanduidings is dat hy binnekort aangekla sal word.

Daar is ook beweer dat Agliotti intussen sy samewerking aan die Skerpioene gegee het en alle besonderhede oor die Kebble-moord, misdaad-sindikate en sy verhouding met Selebi oorhandig het.

Die nasionale vervolgingsgesag (NV), waaronder die Skerpioene val, het in November verlede jaar misluk in ’n poging om ’n interdik teen die M&G te kry oor ’n storie wat Selebi verder sou impliseer.

In ’n beëdigde verklaring voor die hof het adv. Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, gesê die ondersoek is een van die “mees omvattende, komplekse en sensitiewe sake wat die Skerpioene nog óóit ondersoek het”.

McCarthy het voorts gesê van die bewerings wat ondersoek word, is korrupsie teen senior wetstoepassers, asook sluipmoordpogings.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |