Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Snotho is toe al die tyd die tenderaar Snothando Trading
Snotho is toe eintlik Snothando. Snothando Trading is een van die vier maatskappye wie se voedseltender oorspronklik aanvaar is. Maar gedurende die hofprosesse in Pietermaritzburg én Bloemfontein is deurgaans na dié beslote korporasie as Snotho Trading verwys. Beeld het die direkteurs van Snotho Trading – ’n maatskappy wat op 18 April 2005 geregistreer is – in KwaZulu-Natal opgespoor, maar nie een van hulle was bewus daarvan dat só ’n maatskappy bestaan óf vir die voedseltender gekontrakteer is nie. Later het dit geblyk Snotho het inderdaad niks met die tender te make nie – in talle hofstukke is verkeerdelik verwys na Snothando Trading van me. Phumzile Ndlovu wat op 21 Oktober 2003 geregistreer is. Ndlovu van Mtubatuba aan die KwaZulu-Natalse noordkus, is woedend. Sy het gehoop om meer as R11 miljoen te verdien met die verspreiding van kospakkies, maar moes tot dusver R65 000 aan regskoste opdok. Volgens haar het sy haar prokureurs van die begin af daarvan bewus gemaak dat verkeerdelik na haar firma verwys word as Snotho Trading. In die appèlhof het ’n volbank regters selfs daarop gewys dat Snotho Trading eers geregistreer is nadat ’n advertensie vir die tender verskyn het. Volgens dié hof was Snotho Trading se regsverteenwoordigers ook nie bewus wie die firma se eienaars is nie. Mnr. Christo Engelbrecht, Snothando se prokureur in Pietermaritzburg, ontken hy is deur Ndlovu hieroor ingelig. “Dis die eerste wat ek hiervan hoor.” Mnr. Sergie Brimiah, wat Snothando en die twee ander firmas in Bloemfontein verteenwoordig het, weier om kommentaar te lewer. Volgens prof. Victoria Bronstein van die Universiteit van die Witwatersrand se regsfakulteit maak die fout nie in dié saak ’n wesenlike verskil nie. “Solank die primêre party – die minister van maatskaplike ontwikkeling – korrek aangehaal is. Dit maak nie regtig saak wie die maatskappye was nie. Maar in ’n gewone siviele saak sou dit ’n heeltemal ander kwessie gewees het. Dán sou daar gronde gewees het om te kla.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|