Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
Razelle wil dokter word om SA mense te help
Benewens die agt onderskeidings wat sy pas ingeryg het, is Razelle Botha (18) van die Hoërskool Waterkloof in Pretoria ’n kranige danser, redenaar en fotograaf – maar waar sy werklik tuis is, is in die bos. “My pa, Willem, is ’n professor in geofisika en ek het van kleins af allerhande onherbergsame plekke saam met hom besoek. Ek is gewoond aan tente en die boslewe en ek is mal oor die natuur,” vertel sy. Razelle het onderskeidings in Afrikaans, Engels, wiskunde, natuur-en-skeikunde, aardrykskunde, biologie, addisionele wiskunde en Frans gekry. Al haar vakke was in die hoër graad. “Ek het nog altyd hard gewerk, want ek het vroeg in my lewe al besef kennis is mag – dit maak geleenthede vir ’n mens oop,” sê sy. Razelle gaan volgende jaar medies aan die Universiteit van Pretoria studeer. “Ek wou eers vir ’n jaar as ’n au pair in Frankryk gaan werk, maar ek is bang ek raak te lui om daarna te begin swot. “Gevolglik het ek aansoek gedoen vir medies en B. Com. Beleggingsbestuur, want ek is nog nie seker wat ek wil doen nie,” vertel sy. Sy is vir albei kursusse gekeur. Omdat dit volgens haar weens die streng keuring so ’n groot eer is om vir medies gekeur te word, het sy besluit om te sien hoe ver dié beroep haar vat. “Ek dink beleggingsbestuur sou ook baie opwindend gewees het, maar medies gee jou ’n kans om mense te help – veral in Suid-Afrika. Ek sal maar kyk wat gebeur.” Razelle speel al van gr. 1 af klavier en het al haar Unisa-gr. 7- praktiese eksamen en -gr. 5-teorie-eksamen voltooi. Haar twee gróót passies is egter dans en natuurfotografie. Sy doen al drie jaar lank Latynse en baldanse. “Ek is besig met my instrukteursdiploma en is mal daaroor.”
|
||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|