Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Dit was net benoemings,
sê Mbeki oor sy bloedneus
Port Elizabeth. – Ondanks die bloedneus wat hy dié naweek by ANC-lede gekry het in provinsiale algemene raadsvergaderings, het pres. Thabo Mbeki aangedui hy is nie gereed om die handdoek in te gooi nie. Mnr. Jacob Zuma, ANC-adjunkleier, het meer as 60% van die ANC-lede se stemme vir benoemings vir die ANC-leierspos gekry. Mbeki het gisteraand in ’n onderhoud met die SAUK gesê al het Zuma meer benoemings gekry, sal hy nie weier om as leier te staan as hy gevra word nie. “Ek het al in die verlede gesê dié ding het niks met persoonlike ambisie te doen nie. As daar mense in die ANC is wat my wil benoem, moet ek dit respekteer.” Mbeki het beklemtoon die naweek se benoemings was nie die verkiesingsproses vir nuwe leiers nie en dat ANC-lede die reg het om ’n keuse uit te oefen in die verkiesing van nuwe leiers volgende maand in Polokwane (Pietersburg). Oor die ANC-vroueliga se besluit om Zuma te benoem het Mbeki gesê “ek weet nie wat hulle gedink het nie”. Hy het egter beklemtoon dat vroueregte in die ANC moet seëvier onder wie ook al die volgende leier is. Zuma het in die vroueliga 29 stemme gekry en Mbeki 25. Intussen het ’n merkbaar ontsenude mev. Nosiviwe Mapisa-Nqakula, vroueliga-president en minister van binnelandse sake, Maandagaand kort ná die vroueliga se marathonvergadering gesê die liga wil steeds graag ’n vroue-adjunkpresident hê indien die president ’n man is. Die liga het egter mnr. Kgale-ma Motlanthe, ANC-sekretarisgeneraal, as adjunkpresident benoem. Dr. Nkosazana Dlamini-Zuma is as voorsitter benoem.
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|