Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
‘Kompromis-leier moontlik’
Die ANC se senior leiers is besorg oor die moontlikheid dat mnr. Jacob Zuma as partyleier verkies en dan van korrupsie aangekla kan word. Volgens prof. Adam Habib, ontleder aan die Universiteit van Johannesburg, is dít die kwessie wat die party-elite nou kan noop om dringend met die twee kampe te onderhandel vir ’n kompromiskandidaat as ANC-leier. “Pres. (Thabo) Mbeki moet besef ná die naweek se nederlaag in die provinsiale nominasieproses dat hy hoogs waarskynlik in ’n tweemanstryd teen Zuma in Polokwane sal verloor,” sê Habib. “As hy onttrek en ’n kompromiskandidaat steun, kan hy darem nog ’n mate van invloed oor die keuse van leier uitoefen.” Partyleiers soos oudmin. Kader Asmal en dr. Pallo Jordan sal egter ook vir Zuma moet oortuig om in die lig van moontlike vervolging terug te staan. “Die vraag is of hy dit sal doen noudat hy oorwinning geruik het.” Habib wys op die min tyd oor om te onderhandel – die ANC-kongres begin oor minder as drie weke. “Maar, in 1992 het die partyleiers ’n dag of wat voor die verkiesing tog vir Walter Sisulu as kompromiskandidaat ingekry.” Dr. Mcebisi Ndletyana, ontleder van die Raad vir Geesteswetenskaplike Navorsing (RGN), glo ook die swaard van vervolging oor Zuma se kop is die sleutelfaktor wat sy opmars na Luthuli-huis en die Uniegebou kan beïnvloed. Hy waarsku verdere optrede deur die Nasionale Vervolgingsgesag (NV) kan gesien word as deel van ’n “politieke heksejag” teen Zuma. Volgens Ndletyana glo massas ANC-ondersteuners die aantyging dat beide die verkragtingsaak en moontlike korrupsieklagte ’n komplot is. “Mbeki het self dié klimaat en presedent geskep met die destydse bewerings dat mnre. Cyril Ramaphosa, Mathews Phosa en Tokyo Sexwale ’n komplot teen hom smee. Geen bewyse kon ooit daarvoor gevind word nie, terwyl dit ’n wesenlike invloed op hul politieke loopbane gehad het.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|