Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||||||
|
Zuma kap Mbeki oor misdaad:
‘SA leef in vrees’
Mnr. Jacob Zuma, tans die voorste kandidaat om die leierskap van die ANC, het gister die Mbeki-regering se baanrekord en beleid oor misdaad en vigs gestriem. “Die hoë voorkoms van misdaad en vigs moet as nasionale noodtoestande bestuur word, want dit is ’n inperking van ons fundamentele menseregte,” het Zuma gesê. Zuma word beskou as die gunsteling om aanstaande week in Polokwane (Pietersburg) die teuels van die ANC oor te neem nadat hy pres. Thabo Mbeki oortuigend in die onlangse provinsiale benoemings verslaan het. Die Mbeki-kamp is egter besig om verbete terug te veg. Zuma was gister een van die sprekers by ’n saamtrek ter viering van internasionale menseregtedag by die Universiteit van die Witwatersrand. Sy uitlatings te aanhore van menseregte-prokureurs en Afrika-ambassadeurs het al die kenmerke gehad van ’n verkiesingstoepraak midde-in ’n kwaai politieke stryd. Opmerklik in Zuma se gevolg was mnr. Tokyo Sexwale, sakeman en vorige Gautengse premier; mnr. Zwelinzima Vavi, sekretaris-generaal van Cosatu; me. Ayanda Dlodlo, sekretaris-generaal van die vereniging van uMkhonto weSizwe-veterane en me. Angie Motshekga, Gautengse LUR vir opvoeding. “Ons kan nie die feit wegwens dat so baie van ons in vrees vir gewelddadige misdaad leef nie, en dat ons daarom agter mure skuil nie,” het Zuma gesê. “Dit is nie natuurlik vir vrye mesne om in vrees te leef nie . . . ons moet daardie dinge wat ons menslikheid erodeer, verander.” Zuma se uitlatings is telekemale luid toegejuig deur ’n groep singende, dansende ondersteuners in die gehoor. “Ek het ook ’n probleem met die reg wat te vriendelik is jeens misdadigers. In ’n land waar daar geen doodstraf is nie moet die wette meer byt hê.” Zuma het – sonder om na enigiemand spesifiek te verwys – gesê die geskiedenisboeke is vol van die nalatenskappe van diktators wat die regte van landsburgers vertrap het sodat hulle die mag kon bekom en behou. “Dit is daardie drang om die waardigheid van ander te steel, om hulle te mishandel en te manipuleer vir die eie, selfsugtige gewin . . . wat die verbrokkeling van ’n samelewing meebring . . . wat die fondament lê vir tirannie.”
|
|||||||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|