Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Zuma wil Trevor graag behou
Kaapstad. – Mnr. Jacob Zuma, voorloper in die ANC-leierskapwedloop, hou ’n olyftak uit na mnr. Trevor Manuel, minister van finansies, en beplan nie om die land se ekonomie na links te swaai nie. Zuma het die boodskap dat hy die land se makro-ekonomiese beleid grootliks onveranderd sal voortsit, die afgelope week met internasionale sakelui en politieke leiers gedeel, terwyl sy vertrouelinge dieselfde binnelands gedoen het. Een van die belangrikste veranderinge is tekens dat die deur oopstaan vir die hoog aangeskrewe Manuel, wat nie in die Zuma-kamp is nie, om aan te bly as minister van finansies. ’n Verdere versekering van Zuma-ondersteuners is dat hulle nie vir pres. Thabo Mbeki wil uitwerk as president voor 2009 nie – hoewel die onderlinge magsverhouding tussen hom en Zuma, indien Zuma sou wen, streng en formeel vasgestel sal moet word by die bosberaad van die ANC se nuutverkose leierskap in Januarie, is aan Beeld gesê. Dis alles deel van ’n poging om vure dood te slaan nadat Zuma onverwags ’n groot meerderheid as leier in voorafbenoemings vir die ANC se nasionale konferensie volgende week in Polokwane (Pietersburg) opgebou het. Mbeki se ondersteuners kritiseer hom sedertdien openlik as korrup, misdadig, links, gekant teen die Grondwet, onverantwoordelik en sonder opleiding. Leidende Zuma-ondersteuners se respons in wydlopende gesprekke met meningsvormers is dat die ekonomiese en grondwetlike bestel nie verander sal word onder ’n moontlike Zuma-bewind nie, en dat Mbeki-ondersteuners die leierstryd op ’n lae persoonlike vlak voer. Daar is ook groeiende pogings deur verskeie ANC-veteraanleiers, waaronder me. Winnie Madikizela-Mandela, om die gif en venyn uit die leierstryd te haal. Klagtes komende uit beide kampe oor beweerde ongerymdhede in die leierstryd tans dien vanoggend voor die ANC se nasionale uitvoerende komitee. Die klagtes kom van dr. Frank Chikane (direkteur-generaal in die presidensie), minister Zola Skweyiya en die Oos-Kaapse ANC. Terwyl dus agter die skerms beweeg word om gereed te wees vir versoening en die behoud van goeie ministers (waaronder Manuel) in ’n moontlike latere Zuma-kabinet, was daar in die naweek vele verwikkelinge in die vuil politieke stryd om die leiersverkiesing in Polokwane allereers te wen: Ondersteuners van mnr. Tokyo Sexwale se pogings om hom deur die Zuma-kamp as voorsitter genomineer te kry, is luidens vertroulike inligting in besit van Die Burger, hoflik afgewys;
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|