Nuwe matriek-foto's
Baie nuwe matriek-foto's is gepubliseer. Gaan kyk daarna. Stuur jou foto vir die JIP/Glitz-kompetisie na jip@beeld.com.
Beeld
Ons rugbyskrywers blog!
Lees Morris Gilbert se Blou Bul, Liam Del Carme se BoHaai, Hennie Brandt se Uit die Leeukuil en Gert van der Westhuizen se Langs die kantlyn.
Jou wêreld, Jou koerant
Soek Webwerf Argiewe Web     BLITSGIDS
Vennote


Mbeki waarsku kiesers stilletjies oor Jacob
Dec 07 2007 08:01:10:383PM  - (SA)  

 Druk artikel
 E-pos storie aan 'n vriend
Liezel de Lange

Die ANC-grondwet, asook waarskuwings van kerkleiers en die stigters van die ANC, moet afgevaardigdes stuur wanneer hulle nuwe leiers in by die kongres in Polokwane (Pietersburg) kies.

Pres. Thabo Mbeki gebruik onder meer boodskappe van emeritus aartsbiskop Desmond Tutu en wyle mnr. Pixley ka Seme om ANC-kiesers in die jongste uitgawe van ANC Today te herinner aan die gevare van die negatiewe eienskappe wat sommige aan mnr. Jacob Zuma, ANC-onderleier, toegedig het.

Mbeki noem egter nie vir Zuma by name nie.

Hy herinner die ANC eerstens daaraan dat die kongres wêreldwyd aandag trek en dat die uitkomste die hele land sal raak.

Terwyl Zuma in sommige kringe daarvan beskuldig word dat sy Zoeloe-identiteit ’n onderbou van sy veldtog is, verwys Mbeki breedvoerig na Seme se boodskap oor die gevare van etniese verdeeldheid.

“Ons is een mensdom,” haal Mbeki vir Seme aan. “Die ANC is die parlement van (al) die mense.”

Mbeki gebruik ook Tutu se stellings om mense aan die gewigtigheid van hul besluit te herinner.

“Die ANC moet weet wanneer hulle die president kies, dat dié leier waarskynlik ook die volgende staatshoof sal wees. Daarom moet hulle goed nadink,” haal hy Tutu uit die Sowetan aan.

Mbeki haal ook aan uit ’n onlangse verklaring van aartsbiskop Njongonkulu Ndungane, wat gesê het net die “beste soort leierskap is goed genoeg”.

Ndungane het gesê die nuwe leiers moet voortbou op die land se suksesse. Hy waarsku uit die Bybel dat leiers onder meer ernstig moet wees en hulle nie aan vergrype vir byvoorbeeld te veel geld moet skuldig maak nie.

“En laat hulle getoets word, as hulle blaamloos is kan hulle dien.”

Mbeki haal ook die ANC se gedragskode in die party se grondwet aan, waarvolgens ’n ANC-lid gedissiplineer kan word weens optrede wat die party se naam skaad. Dit geld onder meer seksistiese, rassistiese en etniese stellings en optrede wat die ANC se eenheid kan skaad.


Teken in op Beeld

Kry Beeld op jou Facebook-profiel

Kry nuus op jou selfoon by www.beeld.mobi

vind
Plaas jou GRATIS advertensie hier!
SOEK | KOOP | VERKOOP
vind jou ou skoolvriende

Kies jou skool se provinsie



en klik op die eerste letter van jou skool
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z


Adverteer in Beeld | Kontak ons |