Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Ons Zuma steun
want . . .
Die ANC het mnr. Jacob Zuma in die verlede met van die belangrikste en delikaatste take vertrou en hy het daarin uitgeblink. Hy beskik oor al die nodige ervaring en vermoëns om die volgende president van Suid-Afrika te word, skryf Mcebisi Skwatsha en Max Ozinskyter verduideliking oor hoekom hulle Zuma steun. Jacob Zuma was die afgelope vyf jaar die slagoffer van ’n intensiewe swartsmeer-veldtog. Elke aspek van sy lewe is indringend deur die polisie, veiligheidsinstellings, die vervolgingsgesag en die media ondersoek. Hoe nader hy daaraan kom om tot ANC-leier verkies te word, hoe meer vra mense of die slegmakery waar is. Hoekom is hy so gewild onder gewone mense, veral die armes? Wat weerhou die media en meningsvormers van ons? As ANC-lede en -leiers in die Wes-Kaap ondersteun ons kameraad Zuma as die volgende ANC-leier. Ons doen dit nie omdat ons enige poste in die ANC of regering verwag of omdat ons geld of kontrakte beloof is nie. Ons doen dit weens ons sterk oortuiging dat hy die beste mens is om die ANC en ons land tans te lei. Hy verteenwoordig die beste wat ons beweging, met sy lang en glorieryke geskiedenis, geproduseer het. In ’n neutedop beskik hy oor al die vaardighede om ons beweging en ons land te verenig en te verseker dat al die sleuteluitdagings, veral om armoede te oorkom en eenheid te bou, aan die voorpunt van ons beleid en praktyk is. Die verkiesing van ’n ANC-leier is nie ’n dobbelspel wat ligtelik aangegaan kan word nie. As die voorste politieke mag in ons land wat die aspirasies van die oorweldigende meerderheid van ons mense verteenwoordig vir bevryding, bemagtiging, ’n beter lewe vir almal, nie-rassigheid, nie-seksisme en eenheid, is die taak van die ANC se hoofleier enorm. Die ANC-leier verteenwoordig die ANC vir diegene in Suid-Afrika en die wêreld wat nie ANC-ondersteuners is nie. Ons glo die ANC-leier moet ook die land se president wees. Ons het iemand vir dié pos nodig wat ons ten volle vertrou. Iemand wie se agtergrond, ondervinding, voorbeeld en optrede wys dat hy/sy vir die pos geskik is. Daar is nie ruimte vir foute nie! Kameraad Zuma het ’n lang geskiedenis as ANC-lid. Hy kom uit ’n arm landelike gebied in KwaZulu-Natal en het in die laat 1950’s as jeugwerker aangesluit. Hy het die ANC en die mense gedien as vakbondlid, lid van die ondergrondse ANC en Umkhonto we Sizwe-soldaat. Hy het tien jaar op Robbeneiland as ’n politieke gevangene deurgebring. Hy was die ANC se hoofverteenwoordiger (ambassadeur) in Mosambiek in een van die ANC se moeilikste tye in dié land – die tyd van die Nkomati-akkoord. Mosambiek was een van ons hegste bondgenote, maar ANC-lede is oornag ondergronds gedwing. Zuma was ’n sleutelleier van die ondergrondse ANC in KwaZulu-Natal, ’n gebied waar die beweging van sy moeilikste uitdagings die hoof gebied het. Later is hy deur die ANC-leier mnr. O.R. Tambo as hoof van ANC-intelligensie aangewys. Hy en kameraad Thabo Mbeki was die eerste twee ANC-lede wat amptelik met afgevaardigdes van die apartheidsregering vergader het, toe hulle Neil Barnard en Maritz Spaarwater in 1989 in Switserland ontmoet het. Zuma en Penuell Maduna was die eerste ANC-lede wat die land openlik binnegekom het om die grondslag te lê vir gesprekke oor gesprekke tussen die NP-regering en die ANC in Maart 1990. Zuma het ’n leidende rol gespeel in die onderhandelingsproses in die aanloop tot die eerste demokratiese verkiesing in 1994. Hy is sonder twyfel een van die beste verteenwoordigers en onderhandelaars van die ANC en ons land. Voor en ná 1994 het die kwaaiste politieke geweld in Suid-Afrika in KwaZulu-Natal voorgekom. Zuma het ’n leidende en sleutelrol gespeel om vrede tussen die ANC en Inkatha te bewerkstellig en te verseker dat die onderskeie gewapende groepe ontbind word. As daar ooit ’n gebied was wat die potensiaal gehad het om ons nuwe demokrasie te vernietig, was dit KwaZulu-Natal. Danksy sy omvattende vaardighede, met inbegrip van kennis, statuur, geduld en oorreding, het Zuma daarin geslaag om vrede tussen die strydende partye te bewerkstellig. Hy kon ’n appèl aan alle groepe doen – terwyl hy die middelgrond beklee het, het hy die krygshere en ons eie eenhede oortuig. In Burundi, waar van die ergste etniese geweld en volksmoorde in Afrika se geskiedenis voorgekom het, het hy ’n leidende rol gespeel om ’n vredespakt te beding wat vandag nog bestaan. In die laat 1990’s was Zuma LUR vir finansies en ekonomiese sake in die KwaZulu-Natal-regering. Die ANC-leierskorps het Zuma in die verlede met van die belangrikste en delikaatste take vertrou. Hy het ’n kernrol in die oplossing van die halsstarrigste politieke konflikte in Suid-Afrika en op die vasteland gespeel. Hy het nooit teruggedeins of opgegee in hierdie moeilike omstandighede nie, maar eerder in al dié take uitgeblink. Deur alles het hy nooit persoonlike glorie of die kollig nagestreef nie. Hy was nog altyd ’n voorstander van kollektiewe optrede en een van die sleutelspelers in die span. Hierdie ondervinding het hom goed vir die toekoms voorberei. As hy so suksesvol was, waarom is daar vandag mense wat sê hy is nie geskik vir president nie, dat hy onopgevoed is en nie eens sy “A,B,C” ken nie, of dat ons land gaan ineenstort as hy president word? Dit is ironies dat vandag gesê word Zuma verstaan nie die ekonomie nie, dat hy nie ’n universiteitsgraad het nie. Toe ’n jong Zuma op Robbeneiland aangekom het, het hy geen formele opleiding gehad nie. Daar, by die “struggle-universiteit”, het hy gewerk en as ’n beter opgevoede man daar uitgestap. As ’n beweging van die armes en onderdruktes moet ons dit vier dat iemand met sy agtergrond so deeglik deur die beweging ontwikkel kon word en een van ons vooraanstaande leiers kon word. Toe die ANC verbied is, was Zuma se fokus op die stryd in Suid-Afrika – nie op ’n graad of om oor revolusie te filosofeer nie. Hy het homself verdiep in maniere om apartheid omver te werp en die ANC in Suid-Afrika weer op te bou. Sy “gebrek aan akademiese onderrig” was nooit ’n struikelblok in die hantering van die moeilikste politieke probleme nie en hy het van die “hoogste geleerdes” in moeilike onderhandelings aangevat. Hoekom sou dit vandag ’n probleem wees? Daar was ook ’n poging om Zuma as ’n moegoe, ’n plaasjapie, voor te stel – ’n landelike mens wat sy agterlike waardes stad toe bring en nie van sy ou landelike maniere ontslae kan raak nie. Mense sê hy is ’n tradisionalis, het meer as een vrou, kan nie sy seksualiteit beheer nie. Hy verstaan nie die “moderne” waardes ten grondslag van ons Grondwet nie. Dit is ironies dat, met hierdie agtergrond, Zuma die enigste ANC-leier is wat sy privaatste menings en optrede in die hof en voor die nasie moes verduidelik. Ons wonder hoe van ons ander leiers sou gevaar het? Daar is nog diegene wat gerieflikheidshalwe vergeet dat hy onskuldig bevind is en dat die regter duidelik gesê het daar was geen verkragting nie. Hierdie saak het baie eienskappe van vervalste aanklagte. Wat het geword van “laat die reg sy beloop neem”? In ons konteks het hierdie swartsmeerdery ook ál die elemente van “swart gevaar” – hoe kan ’n landelike swart man wat trots op sy mense, tradisies en kultuur is, Suid-Afrika in die 21ste eeu lei? Toon hierdie mening enige respek vir die helfte van ons mense wat in landelike gebiede leef, vir diegene wat in hul kultuur en tradisies glo? Wat sê dit oor hulle? In teenstelling hiermee is ons trots dat ons bevrydingsbeweging, in sy volle diversiteit, ’n kameraad uit een van ons armste en mees verdrukte gebiede kan steun wat deur sy eie harde werk en deursettingsvermoë, en met al die ervaring van die kollektiewe struggle, die leier van ons organisasie kan word. Kameraad Zuma het ’n diep respek vir die posisie van minderhede in ons land getoon. Hy was in die middel van pogings om hulle tydens die onderhandelingsproses gerus te stel. Hy het na Inkatha uitgereik. Onlangs het hy Afrikaner-steun gewerf deur na hul bekommernisse te luister. Ons hoop dié wydlopende nie-rassigheid en respek sal ’n hoofkenmerk van sy presidentskap vorm. ’n Sleutel-kenmerk van die demokrasie is verandering van leierskap. Daar is altyd ’n mate van onsekerheid in demokratiese verkiesings – so nie, is hulle beknoei. In 1994 het talle mense ons eerste demokratiese verkiesing gevier, maar gevra of daar nog een sou wees. Nou, op pad na ons vierde verkiesing, moet ons dit vier dat ons so baie diepte in ons leierskorps het. Ons moet die gevaar van diktatorskap vermy wat dit voorstaan dat net een mens die ANC of die land kan lei. Dit was nog altyd die wekroep van diegene wat diktators wat aan mag vasklou, wil verdedig: Die leier wat ons ken, is altyd slimmer as die ander, verstaan die kwessies beter, kan die land van gevaar red, ensovoorts. Dít is die verskonings en argumente wat tot die regverdiging van magsmisbruik lei. Ons steun Zuma nie omdat ons teen Mbeki gekant is nie. Elke leier het sy rol en tyd. Tambo het ons struggle in sy donkerste dae gelei, Madiba was daar vir versoening, Mbeki het ons regering op die regte pad vir lewering geplaas. Ons dink hy het steeds ’n rol om die ANC en die land te dien, veral in Afrika en op die wêreldverhoog. As lojale ANC-lede is ons trots om Zuma te steun as ’n leier wat nederigheid en massa- populêre steun verpersoonlik, wat die armes en verdruktes verteenwoordig. Dit is ’n verdere bonus dat hy kan sing!
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|