Kies jou skool se provinsie
|
||||
|
|
|
||
| Jou wêreld, Jou koerant | ||||
|
Vennote
|
|
|||||||||||||||||||||
|
Hoe meer dinge verander, hoe meer bly dit
Die beleidsbesluite waarvoor pres. Thabo Mbeki deur die linkervleuel gekruisig word, moet teen die agtergrond van die land se omstandighede gesien word, meen kenners na wie Pieter du Toit gaan luister het. Die ANC-leierstryd en die besluite wat pres. Thabo Mbeki in sy tyd as staatshoof gemaak het, moet ontleed word binne die strukturele omgewing waarin hy werk en wat sedert 1994 aan hom opgedwing word. Só het prof. Adam Habib van die Universiteit van Johannesburg aan mnr. Gwede Mantashe, nasionale voorsitter van die SAKP, tydens ’n paneelbespreking in Johannesburg gesê. Mantashe het die gesprek geopen deur te verklaar daar bestaan ’n dringende behoefte aan verandering ná die ANC se nasionale konferensie by Polokwane omdat die huidige leierskorps (lees: Mbeki) nie aan die verwagtinge van die onderdruktes en werkersklas voldoen het nie. “Dit is noodsaaklik dat afgevaardigdes ná die konferensie die ANC van die swart bourgeoisie terugwen sodat die organisasie na sy historiese werkersklas-prioriteit kan terugkeer,” meen Mantashe. Volgens hom is daar ’n paar moontlike uitkomste en ongelukkig sal almal lei tot ’n verdeelde party. “As Mbeki vir ’n derde termyn verkies word, sal ons nog van dieselfde sien, maar groter woede en vyandigheid.” ’n Oorwinning deur mnr. Jacob Zuma sal tot meer ruimte vir die werkersklas lei om hul stempel af te druk, maar dit is te betwyfel “of ’n sosialistiese beleidsrigting ingeslaan sal word”. Ongeag wie wen, sal die kollektiewe uitblaas van asem broodnodige ruimte skep vir koersveranderings “en dit kan lei tot simboliese kompromisse (tussen werkersklas-behoeftes en makro-ekonomiese beleid)”. Volgens Habib word die leierstryd en ongelukkigheid met Mbeki uitbaklei omdat die regering van sy ontwikkelingstrajek afgesien het, mag gesentraliseer is en staatsmasjinerie misbruik is om politieke punte te wen. “Om dié kwessies te verstaan, moet ons kyk na die omstandighede waaronder die party en sy vennote politieke besluite in 1994 geneem het. Die ANC was vasbeslote om ’n ontwikkelingstrajek te volg, maar ongelukkig het hy ’n regering geërf wat byna bankrot was.” Die regering het geld nodig gehad om sy ontwikkelingstrategie van die grond te kry. Geld was in die hande van private kapitaal en Mbeki moes hulle oorreed om in die land te belê. “Hierdie multinasionale-maatskappye sou dit net op een voorwaarde doen: indien ’n makro-ekonomiese raamwerk in plek is. Wat moes hy doen? Dit het ’n fundamentele skuif weg van die party se verklaarde beleid verteenwoordig. “Indien die raamwerk, in die vorm van Gear, aan die demokratiese verkose parlement voorgelê is, sou dit beslis verslaan gewees het. Die besluit is toe op kabinetsvlak geneem en deurgevoer.” Hierdie besluit, en die gevolglike sentralisasie van mag, moet volgens Habib verstaan word teen die agtergrond van die destydse heersende omstandighede waar Mbeki die land se ontwikkelingsbehoeftes teen dié van die drieledige alliansie moes opweeg. “Mense het tóé al uitgesny begin voel. Parlementariërs het begin wonder waarom hulle in die parlement sit, maar nie die kans kry om groot besluite te neem nie. “Ontnugterdes het toe reeds begin terugkrabbel. “Vandag se stryd is presies dieselfde een as 10, 13 jaar gelede: dit gaan oor die aard en trajek van die oorgang.” Dié trajek het toe weggeskuif van sy ontwikkelingsmikpunte en dit sal moet verander. Dit kan net gebeur as omstandighede waarin die verskillende rolspelers funksioneer, verander. Volgens Habib is daar vier veranderinge wat ’n verskil kan maak: ) Verandering van die huidige kiesstelsel na een waar openbare verteenwoordigers aan hul kiesafdeling verantwoording moet doen; “Natuurlik sal die alliansie nie opbreek nie, maar daar was wel ’n besliste (linkse) skuif in die makro-ekonomiese beleid: welsynstoelae het toegeneem, die ‘ontwikkelingstaat’ het ’n sleutelwoord geword en die uitgebreide openbare-werke-program is ’n hoeksteen van regeringsbeleid. “Mnr. Trevor Manuel (finansminister) sal natuurlik sê dit was deel van die plan . . . dis bog! Maatskaplike protesoptrede sedert 2000 het die sosiaal-politiese omgewing na links gedwing en werkskepping en armoedeverligting na vore geskuif,” sê Habib. Hy gaan akkoord met Mantashe se siening dat die ANC ná Polokwane verder verdeeld gaan wees “indien die fokus op die persoonlikhede eerder as die ontwikkelingstrajek” gaan wees. ’n Oorwinning vir Zuma is waarskynlik, maar ’n kompromiskandidaat, waaroor daar selfs ure voor die konferensie besluit kan word, moenie uitgesluit word nie. Omvattende beleidsveranderinge onder Zuma? “Nee. “Beleid sal nie afwyk van wat die regering die afgelope paar jaar gedoen het nie.”
|
|||||||||||||||||||||
|
vind
vind jou ou skoolvriende
Kies jou skool se provinsie |
|
|